Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê swaar reënval is oor dele van Natal aangeteken.
Die hoogste reënvalsyfer is by Vryheid in die noorde van die provinsie aangeteken, met meer as 70 millimeter teen 08:00 Maandagoggend, en 55 millimeter by Cedara.
Tussen 40 en 50 millimeter is by Mooirivier, Mkahathini, Pongola en Ixopo aangeteken.
Thandiwe Gumede, voorspeller, sê meer wydverspreide buie en donderbuie word Maandag en Dinsdag verwag.
“In terme van die reënvalsyfers wat van gister tot vanoggend aangeteken is, sal ek net sommige van die hoogste waardes wat ons ontvang het uitlig. Oor Vryheid het ons 71,8 mm aangeteken en Makhathini wat in die uiterste noordelike deel van Natal is, het 49 mm aangeteken, Ulundi het 42,8 mm aangeteken.”
Intussen is provinsiale rampbestuurspanne op hoë gereedheidsgrondslag geplaas.
Die weerdiens waarsku teen swaar reënval wat laagwaterbrûe kan laat oorloop, gelokaliseerde oorstromings en aansienlike ontwrigting van groot reisroetes namate vakansiegangers terugkeer huis toe.
Senzo Mzila, woordvoerder van die provinsiale samewerkende regering, sê gebiede wat langs die kus van die provinsie is, soos die Harry Gwala-distrik, gaan meestal geraak word.
“Uit die waarskuwing wat ons ontvang het, die gebiede wat langs die kus van die provinsie van die Harry Gwala-distrik, iLembe, eThekwini, King Cetshwayo, Mkhanyakude en dele van die Zululand-distrik is. Al hierdie gebiede is dié wat ’n vlak 8-weerwaarskuwing gekry het.”
“Ander dele van die provinsie het ‘n vlak vier-waarskuwing gekry. So groot dele van die provinsie, spesifiek gebiede wat laag geleë is, is dié wat ons verwag om geraak te word. Daardie gebiede word deur ons rampbestuurspan gemonitor,” verduidelik Mzila.