Kanadese Eerste Minister bedank

Kanada se Eerste Minister, Justin Tredeau, het sy bedanking aangekondig.

In sy onderhoud sê hy hy verlaat sy amp sodra die regerende Liberale party a nuwe leier verkies het na maande van wankelende stemme en binne gevegte.

“Ek beplan om te bedank as party leier, as eerte minister, sodra die party ‘n nuwe leier aanwys.”

Tredeau, wat as eerste minister gedien het sedert 2015, het verslaggewers toegespreek in Otawa na ‘n politieke krisis waarin die Liberale party se topstruktuur aanbeveel het dat hy moet bedank.

Dit is op hierdie stadium onbekend hoe lank Tredeau sal waarneem as eerste minister. Hy het gesê die Liberale leierskap resies sal “‘n robuuste, landswye kompeterende proses wees.”

Dit beteken Tredeau sal Kanada steeds as leier verteenwoordig wanneer Pres Donald Trump van die VSA later dié maand sy amp betree. Hy sal getaak wees om die land se reaksie op die nuwe VSA administrasie, insluitend ‘n moontlike handelsoorlog te lei.

Tredeau se ondersteuning binne sy Liberale party het uitgerafel die afgelope jaar. Die doodskoot was egter toe sy Minister van Finansies, Chryslia Freeland in Desember onverwags bedank het.

Tredeau het bevestig dat hy toestemming verkry het van die Kandese Goewerneur generaal om alle parlementêre besigheid tot 24 Maart te kanselleer.

Dit behoort die Liberale party genoeg tyd te gee om ‘n nuwe leier te verkies terwyl die opposisie verhinder word om ‘n stem van wantroue uit te vaardig.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui