Onwettige perlemoenbedryfsaanleg by Neave Township in Port Elizabeth lei daartoe dat buitelandse burgers gearresteer word

Twee buitelandse burgers is in hegtenis geneem vir die besit van perlemoen ter waarde van meer as R4,4 miljoen.

Die verdagtes van 34 en 47 jaar oud is vandeesweek deur die Port Elizabeth Ernstige Georganiseerde Misdaad Ondersoek van die Valke in gesamentlike pogings met ander wetstoepassingsagentskappe aangekeer.

Ao. Ndiphiwe Mhlakuvana, polisiewoordvoerder, het gesê die span het inligting ontvang oor ‘n onwettige perlemoenbedryfsaanleg by Neave Township in Port Elizabeth.

“Die span het vinnig gereageer. Met hul aankoms by die aanleg was twee buitelandse burgers binne besig om die perlemoen droog te maak, te verwerk en behoorlik te organiseer.

Binne die perseel is beslag gelê op 10 510 nat en droë perlemoen-eenhede wat 1 061 kilogram weeg ter waarde van meer as R4,4 miljoen.”

Daar is ook beslag gelê op toerusting, insluitend kookpotte, gastenks, industriële waaiers, selfone en ‘n notaboek wat onder meer gewigte van die perlemoen bevat.

“Die verdagtes is op die plek gearresteer en dienooreenkomstig aangekla vir oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne, 18 van 1998.

Albei verdagtes moet op 6 Januarie 2025 voor die New Bright-landdroshof verskyn.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui