Die waarnemende provinsiale kommissaris van die SAPD in Mpumalanga, generaal-majoor (dr) Zeph Mkhwanazi, het vandag, Donderdag 2 Januarie 2025 ‘n suksesvolle Operasie Shanela in Verena gelei, met die fokus op die aanpak van veediefstal in die omgewing van Verena. Die klopjagte het gelei tot die konfiskering van 26 vermoedelik gesteelde beeste en ‘n man is ingeneem vir ondervraging in verband met die herwinning van die vee.
Intussen is ‘n man vroeër vandag ‘n boete opgelê omdat hy met ongemerkte vee gevind is, wat die doeltreffendheid van die operasie toon om onwettige aktiwiteite wat met veediefstal verband hou, hok te slaan.
‘n Polisie helikopter sowel as ander hulpbronne is tydens hierdie operasie gebruik om die Veediefstal-eenheid te help om die uitdaging aan te spreek.
Generaal-majoor (dr) Zeph Mkhwanazi het verder die verbintenis van die SAPD in Mpumalanga beklemtoon om veediefstalsake te ondersoek en op te los, wat die polisie se toewyding om die gemeenskap te dien en te beskerm, demonstreer.
Die Generaal het ook die vordering wat tydens die operasie gemaak is verwelkom en die publiek verseker dat soortgelyke operasies in ander gebiede uitgevoer sal word om die probleem van veediefstal aan te spreek. “Ons het die klagtes deur veediefstaleienaars baie ernstig opgeneem en het met konkrete optrede gereageer om hierdie kwessie eens en vir altyd aan te spreek,” het die Generaal gesê.