Sakeman in Umhlanga doodgeskiet

Shailen Singh, vermoedelik die eienaar van ‘n vragmotor en sekuriteitsmaatskappy, is glo Sondag in die parkeerterrein van Meridianrylaan in ‘n lokval gelei.

SAPD KZN-woordvoerder, Robert Netshiunda sê die slagoffer was in sy voertuig toe die voorval plaasgevind het.

“Inligting in hierdie stadium dui daarop dat die slagoffer in sy voertuig gesit het toe die verdagte op hom losgebrand het en hom op slag doodgemaak het. Die onbekende aantal verdagtes het na bewering in twee voertuie van die toneel gevlug.”

Die ondersoek duur voort.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui