Die polisie maak ‘n grusame ontdekking van lyke van ‘n man en vrou in ‘n huis by Northam

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens by Northam in die Waterberg-distrik het moord- en geregtelike doodsondersoeke geopen na die ontdekking van liggame van ‘n 33-jarige man sowel as van ‘n 24-jarige vrou in ‘n huis by Northam.

Inligting tot die SAPD se beskikking dui daarop dat die twee in ‘n liefdesverhouding was en ook saam gebly het. Die twee is laas op 25 Desember 2024 omstreeks 23:45 by ‘n plaaslike taverne gesien.

Die vrou is volgens inligting gevind waar sy in die bed gelê het en die man wat uit die dak van die huis gehang het en hul liggame wat reeds in ‘n gevorderde toestand van ontbinding was.

Die motief agter hierdie skokkende voorval is in hierdie stadium onbekend, hoewel huishoudelike verwante dispuut nie uitgesluit kan word nie. Die identiteit van die oorledene sal mettertyd bekend gemaak word, hoewel die vrou na bewering van Lesotho kom.

Die provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, luitenant-generaal Thembi Hadebe het die voorval veroordeel en mense in romantiese verhoudings verder aangemoedig om professionele hulp te soek wanneer hulle verhoudingsuitdagings ervaar.

Polisie-ondersoeke duur voort.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui