Volgens media berigte is ’n 57 000 vierkante voet fabriek wat aan die e-handelsreus Temu in China gekoppel is, deur ’n massiewe brand vernietig.
Menige kopers by die aanlyn diensverskaffer het hul kommer op sosiale media uitgespreek oor veral bestellings wat afgelewer moet word.
Intussen is bevind dat die foto’s AI gegenereer is en daar is geen bewyse gevind dat die handelsmerk se fabriek gebrand het nie.
Daar is egter verskeie berigte dat klere wat “glow-in-the-dark” soos dit alom bekend staan, onttrek word nadat verskeie kliënte brandwonde opgedoen het van die klere.
Temu, wat in China gebaseer is, is ‘n aanlynkleinhandelaar soos Amazon. Dit is bekend daarvoor dat dit goedkoop produkte van verskillende gehalte verkoop.