Sedert Maandag, 23 Desember 2024 tot vanoggend, is altesaam 47 onwettige mynwerkers in hegtenis geneem vir onwettige mynbou, betreding en oortreding van die Wet op Immigrasie, Wet 13 van 2002.
Op Vrydag, 27 Desember 2024, het 10 onwettige mynwerkers weer uit die Margaret skag te voorskyn gekom en in die vroeë oggendure het 11 mynwerkers Buffelsfontein-skag no 10 uitgekom.
Almal word nog verwerk en sal na verwagting Maandag, 30 Desember 2024 in die Stilfontein-landdroshof verskyn.
“Vala Umgodi”-bedrywighede sal deur hierdie feesseisoen voortduur.