Operasie Vala Umgodi verseker die arrestasie van vyf verdagtes vir onwettige mynbou, oortreding van die Immigrasiewet en ander verwante aanklagte

Llede wat vir Operasie Vala Umgodi ontplooi is het op Saterdag, 21 Desember 2024 ‘n doelgerigte operasie by Slaaihoek in die buitewyke van Waterval Boven uitgevoer.

As deel van ‘n voortdurende poging om onwettige mynbedrywighede in die omgewing van Ehlanzeni te bekamp, ​​het lede van Geveg, Pro-aktiewe, Taktiese Reaksiespan, Misdaadintelligensie, Operasionele Ondersteuningspan sowel as die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), op die terrein toegeslaan.

Tydens die operasie is vyf (5) verdagtes, tussen die ouderdomme van 28 en 42, in hegtenis geneem vir verskeie misdrywe, insluitend onwettige mynbou, oortreding van die Immigrasiewet van Suid-Afrika asook vir die onwettige besit van toerusting wat vermoedelik gebruik is in die onwettige mynbou aktiwiteite.

Daar is ook beslag gelê op items soos kragopwekkers, ‘n gassilinder, gasreguleerder, ‘n paar gaspype en ander toerusting.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag, 23 Desember 2024 in die Belfast-landdroshof verskyn teen die genoemde aanklagte.

Intussen het die waarnemende provinsiale kommissaris van die SAPD in Mpumalanga, generaal-majoor (dr) Zeph Mkhwanazi lede geloof vir die welverdiende sukses en verskerpte pogings om onwettige mynaktiwiteite te bekamp.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui