Vragmotorbestuurder aangekla nadat hy pasassiers onwettig vervoer

Sewe-en-veertig volwassenes en vier kinders tussen die ouderdomme van nege maande en vyf jaar is tydens ‘n padblokkade op die N1 suidwaarts in die Vrystaat deur verkeersbeamptes in die sleepwa van ‘n vragmotor ontdek.

28 is onwettige immigrante van Lesotho en is gearresteer vir die oortreding van die Immigrasiewet.

Die vragmotorbestuurder is daarvan aangekla dat hy passasiers vir beloning vervoer het sonder ‘n bedryfslisensie en die voertuig is geskut.

Die Vrystaatse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Jabu Mbalula, het intussen ’n waarskuwing aan vragmotorbestuurders gerig en gesê dat hul onwettige bedrywighede nie geduld sal word nie.

“Ons raai vragmotoroperateurs aan om voortdurend hul voertuie te monitor om sulke onwettige bedrywighede deur bestuurders te voorkom,” sê Mbalula

“Wagsaamheid is van kardinale belang om hierdie tipe voorvalle te voorkom en die veiligheid van alle padgebruikers te verseker,” het hy afgesluit.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui