Die Gelofte – Ter Nabetragting  

Vanjaar se Geloftefees was ’n baie interesante fees gewees.

Eerstens wil ek iets baie opmerklik in die weer noem. Hier in die oostekant van Pretoria was dit uiters warm en droog tot en met Geloftedag. Vanaf Geloftedag middag het dit begin om te reën en sedertdien het daar nog nie ’n dag verbygegaan wat dit nie gereën het nie. Dit is amper winter hier…

Ons land is geseën wat reën betref. Vir my is dit ’n teken dat God ons as volk en Geloftedag seën en wil seën. Ons moet net bereid wees om onsself voor sy voete te plaas. Ons moet net bereid wees om tot HOM terug te keer en voor HOM te verootmoedig!

Dit het tyd geword dat ons as Volk ons terugkeer tot God moet maak. Dit het tyd geword dat ons as volk weer in geloof moet herenig

Ons moet ophou om onder mekaar te baklei oor onbenullighede. Ons moet ophou baklei oor goed wat ons van mekaar verwyder. Of jy ’n Boer of ’n Afrikaner wil wees, Die feit bly staan dat ons een Here met een geloof aanhang. DIE GOD VAN ONS VOORGESLAGTE!

Hierdie Nuwejaar voorspel niks goeds vir ons as volk nie. Die krane van verdelging gaan net groter gedraai word.

Die Bela wet wat deur ge-stoomroller is, is ’n bewys van wat op ons wag wat ander wette betref. Dink maar aan die onteienings wette! Die sogenaamde “Regering van nasionale eenheid” is net nog ’n ANC bestel wat ons in die grond in wil ploeg. Daardie politieke partye is ons nie goedgesind nie. Die wat veronderstel is om vir ons saak te veg het ons versaak. Hulle volksnaam is VERRAAIER. Hulle het hul eie volksgenote verraai en gaan ons nog in die toekoms net verder verraai.

My boodskap aan almal is: KEER TERUG TOT GOD EN GOD SAL ONS SEËN! God sal ons seën net soos wat HY die boere van Bloedrivier geseën het. Die reën is tog ’n duidelike bewys daarvan.

One thought on “Die Gelofte – Ter Nabetragting  

  1. Iemand het nou die dag ‘n opmerking gemaak van “God is nie ons dienskneg nie” en dit is absoluut so. Hy is ons Skepper en Verlosser en Sy opdrag is “Volg JY my”, nie kyk rond en soek verskonings om in Hom te twyfel nie.

    Hy is getrou….ons faal elke dag. As ons as volk Hom nie in die klein dinge vertrou nie, hoe gaan ons dit kan doen met die groot dinge wat voorlê nie.

    Sela en amen.
    Dankie vir die berig

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui