Twee is gearresteer vir die mislukte sluipmoordaanval op Adv Coreth Naude

Adv Coreth Naudé is op 18 Julie 2024 ernstig gewond tydens ‘n mislukte sluipmoordaanval buite die Premier Hotel naby die Gateway Theatre of Shopping Mall, in Durban-Noord.

Naudé, wat drie keer in die bolyf en gesig geskiet is, was in Durban om verskeie hoëprofiel-belastingontduikingsake te ondersoek.

“Die advokaat het daarin geslaag om die hotel binne te ry, waar sy nood mediese hulp ontvang het voordat sy na die hospitaal gehaas is. Die verdagtes het in ’n silwer Toyota Corolla van die toneel gevlug.”

Omstrede Shauwn “MaMkhize” Mkhize wat al etlike jare op en van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Sars) se radar is, is een van die profiele wat ondersoek word. Mkhize skuld die SAID na bewering ‘n verbysterende R37 miljoen aan onbetaalde belasting.

Die sluipmoordaanval op Naudé het 488 dae ná die dubbele moord op Cloete Murray en sy seun, Thomas, plaasgevind.

Murray Sr en Naudé het jare lank saamgewerk aan die belastingondersoek van Mkhize se sakeryk, met Murray Sr wat deur die hof as kurator aangestel was.

Siyanda Emmanuel Mbulwana (29) en Mcebisi Runeyi (28) is op Dinsdag 17 Desember onderskeidelik in Mitchells Plain en Milnerton vasgetrek ná ‘n intelligensie-gedrewe operasie en is aangekla van sameswering om moord te pleeg, die besit van ‘n semi-outomatiese geweer en poging tot moord tydens ‘n kort verskyning in die Durban-landdroshof op Maandag, 23 Desember.

Landdros Ashwin Singh het die media verbied om die twee mans op te neem en foto’s te neem en die saak is tot 30 Desember uitgestel om borgtogoorweging moontlik te maak. Die twee sal by die Durban-Sentraal-polisiestasie aangehou word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui