Loeriesfontein: ‘Net een groot knal, toe bewe die aarde’

‘n Aardbewing van 5,34 op die Richterskaal laat boorgate op Loeriesfontein toeval

Die middelpunt van die aardbewing het ongeveer 57km van Loeriesfontein in die Noord-Kaap plaasgevind.

Net voor 03:00 vanoggend het ‘n doodse stilte die omgewing deurspoel….toe een groot knal voor die aarde begin bewe het.

Uitspanklok, die plaas van Franchwa Batt, is omtrent 15km van die middelpunt af. Sy honde het stil geraak net voor die harde knal gehoor en die aarde begin rammel het.

Veiligheidskameras het die tyd voor en die 49 sekondes van die aardbewing vasgevang.

Tot dusver is daar nog geen berigte van strukturele skade ontvang nie, maar boere het gerapporteer dat hul boorgate toegeval het. Dit is groot skade – veral in hierdie hitte, want boere is afhanklik van hul boorgate vir oorlewing van mens en dier.

Volgens mnr Batt kom daar dreunings voor, maar ‘n aarbewing van hierdie statuur is ongewoon en vreemd.

Intussen wag die boere naarstiglik op reën met droogtetoestande wat al sedert 2013 die gebied teister.

Dele van Boesmanland het laas in 2022 goeie reën gehad.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui