Suid-Afrika se Michelle Botes is oorlede

Die legendariese Suid-Afrikaanse aktrise Michelle Botes (63) is Saterdagoggend oorlede.

Botes in ‘n publikasie met Bruis gesels oor haar twee en ‘n half jaar stryd met gevorderde veelvuldige myeloom, ‘n seldsame, ongeneeslike tipe bloedkanker wat die beenmurg aantas. Botes het by haar seun en sy vrou in Kaapstad gewoon sedert haar kankerdiagnose in 2022. Sy laat ook ‘n dogter na.

Haar agent, Suzi Howes van Oh Talent, het gesê dat die voormalige aktrise al ‘n geruime tyd nie gesond was nie.

“Ons is baie hartseer oor die nuus. Sy was ‘n ikoon van ons bedryf. Michelle het grasie en ‘n pragtige gees gehad. Sy sal baie gemis word.” het sy vir IOL gesê.

“Jy het ‘n lig in jou gehad wat gevoel is deur almal wat rondom jou was. Innige meegevoel met u naaste en dierbares.”

Sy is aanvanklik met chemoterapie en steroïede behandel en het later ’n stamseloorplanting gekry, maar wou nie met dié behandeling voortgaan nie. Dokters het haar in Oktober twee tot drie maande gegee om te lewe nadat haar kankertelling kommerwekkend gestyg het. Sy het in November meer holistiese, minder indringende kankerbehandeling begin ondergaan, maar het die afgelope twee weke vinnig agteruitgegaan.

Botes is bekend vir haar rol in “Isidingo” as die skurk Cherrel de Villers-Hains-le Roux, met wie kykers ‘n haat-liefdeverhouding gehad het. Sy het ook in “Binnelanders” en later M-Net se telenovela “The Legacy” gespeel.

In 2006 het sy twee toekennings gewen: Beste Aktrise en Beste Skurk op die skerm by die negentiende jaarlikse Avanti-toekennings en sy het ‘n SAFTA Goue Horing-toekenning vir Beste Ondersteunende Aktrise in die Telenovela in 2021 gewen.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui