DIe SAPD in Delmas, Mpumalanga het bevestig dat twee mans het in ‘n plaasdam verdrink het tydens ‘n konfrontasie.
Provinsiale polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Jabu Ndubane het gesê die voorval het op Woensdag, 18 Desember plaasgevind.
Ndubane het gesê ‘n veiligheidsbeampte het verdrink terwyl hy probeer het om ‘n verdagte in hegtenis te neem. Die verdagte het ook verdrink terwyl hy van die veiligheidsbeampte gevlug het.
“Die verdagte is na bewering gesien waar hy aartappels op die plaas steel. Twee veiligheidsbeamptes het hom genader, maar die verdagte het gevlug en in ‘n nabygeleë dam gespring,” het Ndubane gesê.
“Een van die veiligheidsbeamptes het die verdagte agternagesit en in die dam gespring. Toe sy kollega agterkom hy sukkel, het hy ook ingespring om te help.”
Die polisie sê die voorman wat op die plaas werk, het opgemerk dat al drie individue in die dam sukkel en het ingespring om te help.
Die voorman kon daarin slaag om een van die veiligheidsbeamptes te red.
Die polisie en relevante belanghebbendes is na die toneel ontbied. Twee lyke is uit die dam gehaal het het Ndubane gesê.
Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkwanazi het sy meegevoel betuig met die familie van die veiligheidsbeampte wat aan sy werk toegewy was.
Mkwanazi het ook ’n streng waarskuwing aan misdadigers gerig en gesê misdaad betaal nie.