Vier verdagtes, Tinda Mhlangu (29), Dray Madziva (26), Gondai Mlambo (35) – almal Mosambiekse burgers en Barry Mosiana (34), ‘n Suid-Afrikaanse burger, is in aanhouding geplaas deur die Secunda-landdroshof op Dinsdag, 17 Desember 2024, vir die besit van vermoedelik gesteelde toringbatterye.
Op Vrydag, 13 Desember 2024, is inligting ontvang en ‘geoperasionaliseer deur die ‘n span bestaande uit Secunda Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekeenheid, Secunda-misdaadintelligensie en Secunda K9-eenheid is ontplooi om die inligting op te volg met betrekking tot verdagtes betrokke by die diefstal van toringbatterye.
Die span het ‘n intelligensie-gedrewe operasie uitgevoer waarvolgens vier verdagtes in besit van toringbatterye gevind is. Hulle is gearresteer, aangekla en aangehou. Daar is beslag gelê op die gesteelde batterye en ‘n motorvoertuig wat gebruik is om die misdaad te pleeg vir verdere ondersoek.
Die verdagtes het op Dinsdag, 17 Desember 2024 voor die Secunda-landdroshof verskyn. Hulle is in aanhouding en die saak is tot 19 Desember 2024 vir Regshulpdienste uitgestel.
Die provinsiale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek, generaal-majoor Gerber, het die samewerking van die span en die publiek geloof vir die verskaffing van inligting wat gelei het tot die arrestasie van die verdagtes.
As die Valke sal ons alle oortreders arresteer wat infrastruktuur beskadig sonder vrees of guns.