Sameswering om ‘n roof te pleeg – 9 gearresteer

Die voortdurende pogings van die polisie om trio-misdade en die verspreiding van ongelisensieerde vuurwapens te beveg, het bewys dat dit doeltreffend is.

Dít nadat die polisie nege verdagtes die oggend van 18 Desember 2024 by Kagiso, Krugersdorp, gearresteer het vir sameswering om ’n roof te pleeg en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

Daar word berig dat ‘n span intelligensiebeamptes saam met die Wes-Rand TRT inligting vinnig geoperasionaliseer het oor ‘n beplande roof wat in Randfontein area gepleeg sou word. Die geïdentifiseerde bakkie is gesien en is dadelik gestop. Verskeie vals registrasienommerplate is gevind tydens die deursoeking van die voertuig en verdere ondersoeke het die span na ‘n huis in Kagiso gelei waar nog agt mense met twee pistole en ‘n AK47 gevind is.

Al nege verdagtes, insluitend die bestuurder van die bakkie, is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort voor die hof verskyn.

Die publiek word versoek om voort te gaan om kriminele aktiwiteite op die SAPD-misdaadstoplyn by 08600 10111 aan te meld of anonieme wenke te gee op MySAPS-toepassing wat op enige slimfoon afgelaai kan word. Alle inligting wat ontvang word, sal as streng vertroulik hanteer word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui