Drie in hegtenis: vuurwapen en gesteelde goedere gevind

Drie verdagtes, waaronder twee buitelandse burgers, is in hegtenis geneem met ‘n ongelisensieerde vuurwapen, ammunisie en besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Die polisie het op 17 Desember 2024 inligting ontvang oor iemand wat na bewering ‘n vuurwapen en ammunisie in besit het. Daar is ook beweer dat die verdagte betrokke is by roofvoorvalle wat in Zastron gepleeg is.

Die inligting is geoperasionaliseer en drie mans, ouderdomme 20 en 27, is in hegtenis geneem nadat hulle by hul verskillende woonplekke in Zastron gevind is.

Terwyl die perseel deursoek is, het die SAPD-lede vermoedelik gesteelde en geroofde items soos TV-skerms, musiekstelsels en selfone gevind wat moontlik van gemeenskapslede beroof is. Terwyl daar by een van die shacks gesoek is, is ‘n vuurwapen met ammunisie gevind.

Die drie verdagtes sal op Donderdag 19 Desember 2024 in die Zastron-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie en die besit van vermoedelik gesteelde goedere. Ander aanklagte kan bygevoeg word soos die ondersoek voortduur.

Ons wil ook ‘n uitnodiging rig aan die gemeenskapslede wat beroof is of huisbrake ervaar het om die Zastron-polisie te besoek aangesien hulle moontlik hul eiendom kan vind.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui