“Vrydag het Pretoria-Wes-polisiebeamptes opgetree op grond van inligting wat deur die gemeenskap verskaf is rakende ‘n man wat verdink word van die verkoop van dwelms in Kerkstraat, Pretoria-Wes. Nadat die inligting geverifieer is en die adres bevestig is waar die verdagte besig was, het die beamptes na die plek gegaan.”
Kaptein Johan van Dyk, woordvoerder van die Pretoria-distrikspolisie, sê die polisie het die verdagte in hegtenis geneem en beslag gelê op crystal meth en heroïen. 295 bruin teogedraaide plastieksakke heroïen is gevind waar dit versteek is op die geiser in die verdagte se kamer. 5 deursigtige plastieksakke met Crystal Meth is ook gevind.
“Die perseel is onder toesig geplaas om die verdagte se aktiwiteite te monitor. Die verdagte is waargeneem terwyl hy die adres verlaat, wat die beamptes aangespoor het om hom takties te nader en vas te trek. ’n Deeglike deursoeking van beide die verdagte en sy perseel is uitgevoer,” het hy gesê.
“Die verdagte is gearresteer en van die besit van en handel in dwelms aangekla en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.”
Generaal-majoor Samuel Thine het die beamptes geloof vir hul uitstekende werk en die belangrikheid van samewerking tussen die Sapd [Suid-Afrikaanse Polisiediens] en die gemeenskap in die bekamping van dwelmverwante misdade beklemtoon.