Kaptein Van Dyk, woordvoerder vir die Pretoria-distrikspolisie berig dat 366 verdagtes tydens Operasie Shanela en ‘n multi-belanghebbende wetstoepassingspan van die Pretoria-distrik in Hammanskraal in hegtenis geneem gedurende die langnaweek.
“Tshwane-speurders het 259 verdagtes gearresteer vir ernstige misdrywe: 74 vir geslagsgebaseerde geweld, 34 vir aanranding met die doel om ernstig te beseer, 3 vir poging tot moord, 4 vir huisroof en een vir verkragting. 32 ongedokumenteerde individue is aangehou en wag op regstappe vir deportasie,” het hy gesê.
Kaptein Van Dyk het berig dat beamptes deursoekings op 980 individue en 520 voertuie uitgevoer het. Hulle het gevolglik ’n verdagte vir die besit van ’n gesteelde motorvoertuig gearresteer, ’n motor wat vroeër die maand in Rietgat gesteel is teruggekry en nog ’n voertuig geskut vir verdere ondersoek weens ongerymdhede wat tydens die soektog ontdek is.
Boonop is 22 individue gearresteer vir bestuur onder die invloed van alkohol terwyl 25 geïdentifiseerde persele en brandpunte deursoek is wat daartoe gelei het dat 39 persone gearresteer en beboet is vir drink in die openbaar.
“20 drankondernemings is geïnspekteer waarvan sewe gesluit is vir die nie-nakoming van die Drankwet. Altesaam 201 970 milliliter drank is gekonfiskeer. Drie persone is vir die besit van onwettige sigarette gearresteer is toe 1960 los sigarette in hul besit gevind is,” het hy gesê.
Luitenant-kolonel Vincent Mukhathi, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê verlede week is 15 871 verdagtes tydens die Nationwide Shanela-operasies in hegtenis geneem.
Mukhathi het gesê 2 327 gesoekte verdagtes is in hegtenis geneem in verband met verskeie ernstige en gewelddadige misdade soos moord, poging tot moord, verkragting, sake- en huisrooftogte.
Die polisie het die afgelope week ook beslag gelê op 119 vuurwapens en 1 243 rondtes ammunisie.