Gelofte aflegging 186 jaar later
Die vraag word gereeld gevra: moet ons, ons gelofte herdenk of moet ons versoenings dag nastreef
Ons traagheid om ons skuld voor God te betaal het ons in ’n redelike penarie geplaas. Ek plaas ’n gedeelte wat ’n oud mediese beampte in 1994 beleef het
“My naam is Francis. Vandag 15 Desember 2018, wil ek jul vertel hoe belangrik Geloftedag nog steeds is.
In 1994 het ek vir United Nations in Mosambiek gewerk. My plig was om op die veld te wees waar landmyne verwyder was, ek moes Mosambiekse paramedikuste oplei en verantwoordelikheid vir primêre gesondheidsorg neem van meer as 500 mense wat die landmyne span uitgemaak het.
Ek was die enigste Suid Afrikaner in die projek. Die projek was al paar maande hangend sonder enige ontmyning toe ek begin het om daar te werk.
Die rede was die sloer van protokolle wat verhoed het dat die mediese voorraad van Amerika gestuur word. Sonder mediese dekking op die veld het geen ontmyning plaasgevind nie.
Ek het aangebied om my eie toerusting te neem, sodat die werk kan begin, terwyl ons wag vir die toerusting van Amerika.
My dag het voor 5 begin, wanneer my ambulans my in Maputo opgelaai het, en veld toe gevat het, waar die aktiwiteite plaasgevind het. Baie aande het ek eers na 22h00 weer tuis gekom.
Ons het goeie vordering gemaak en duisende landmyne verwyder.
Meer as ‘n week voor Geloftedag gaan vra ek die leiers om 16 Desember verskoon te word omdat ek die Gelofte wil eer en nakom. Die weerstand wat ek ontvang het was buitengewoon. Party het gespot, ander was hoogs verontwaardig terwyl sommiges verbaas was.
Hoe kon ek, as enigste Suid Afrikaner verwag, dat ‘n hele dag se operasies gestaak moet word vir my volk se gelofte. Dit nog in ‘n ander land wat niks met die Gelofte uit te waai het nie. Dit het nie eens gehelp om hul te herhinner dat hul eie toerusting nog steeds nie daar was, en die blote feit dat die program lopend is, is a.g.v. my eie toerusting.
Op 16 Desember het ek met swaar gemoed opgestaan en vir die hoeveelste keer gebid vir vergifnis. Toe gebeur dit!!!
Daar was net een slag, hoewel dit 2 landmyne was. Net binne die lyndraad van die manne se veldkamp, trap 2 mense gelyk op landmyne.
My ambulans vat my lughawe toe, en dis nog donker toe die helikopter opstyg. Ek gaan haal die manne, albei leef nog, maar een beswyk gedurende die vlug. Lucas word afgelaai by die veldhospitaal van UN in Maputo. Hy oorleef, maar het beide bene verloor.
Protokol bepaal dat alle operasies vir die dag gestaak word na ‘n insident. Die son het net net sy kop oor die horison gesteek, toe my ambulans my weer terug by my huis besorg.
Ek kon Geloftedag eer soos ek beplan het om dit te doen. Ek kon my klein, klein kindertjies by my voete laat sit, terwyl ek in ‘n vreemde land, hul vertel het hoe ons as volk gered was van verdelging.
Dit was ook nie die einde nie.
Die volgende jaar in Maart, word toe mos een groot affêre gereël. Al wat iemand wil wees en elke groot kokkedoor van verskeie lande se weermagte was genooi. Ek was ook genooi.
Een deftige swaelstertpak geleentheid by die Polana Hotel. Een klein nood veroorsaak toe dat ek laat van die veld af kom. Ek laat die hoof weet met my radio. ( Dit was die tyd voor selfone.)
Hy beveel my om met my werksklere op te daag, want paar belangrike mense wil met my praat.) Na ‘n paar toesprake en ‘n swierige 5 gang dinee word ons na een groot privaat sitkamer geneem (In vervloë se dae die sigaarkamer genoem). Daar word informele geselsies aangeknoop. Die klank van geselligheid en gemoedelike geselskap dreun saggies tussen klein groepies mense wat oral met mekaar gesels.
Skielik, van die vêrste muur van my, bulder ‘n sterk stem my naam. So hard, dat almal ophou praat. So oor almal se koppe vra die man van Australië my of ek kan onthou watter dag ons ons eerste en enigste landmyn ongeluk gehad het.
Natuurlik kan ek, en antwoord hom. Dan sê- vra hy: “Maar is dit nie die dag van jul gelofte nie?” My geleentheid laat ek toe nie gaan en antwoord: “Ja dit was Geloftedag. As jul my af gegee het, soos ek versoek het, sou ons ‘n ongeluksvrye jaar gehad het.”
Mens kon ‘n speld op daai dik tapyt hoor val.
Dieselfde man sê toe vir my, so ewenasof ons alleen is: “Jy weet, die hele wêreld was nog altyd teen jul beleide, maar het jul nooit aangeval of gedreig met fisiese ingryping nie. Wil jy weet hoekom nie? “
Ek was verstom.
Wou hul met ons fisies kom baklei? Hy gaan toe voort: “Jul weermag, vloot en lugmag is goed, maar eintlik is dit ‘n muggie teen wat teen julle gebruik kan word. Dit het die wêreld daar buite nog nooit bang gemaak nie. Maar dis julle, julle self. Jul as volk glo so onverskrokke dat jul ‘n uitverkiesde volk is, en dit, dit alleen maak julle die mees gedugste gevaarlike mense op die planeet. Jul stuit vir niks en niemand, want jul dryf is die van geloof. Dit maak van julle ‘n formidabele fors om mee rekening te hou. Julle het nie ‘n einde nie.”
Die stilte in die kamer was tasbaar. Toe begin almal hande te klap. Daar staan ek nog in my stowwerige werksklere met têkkies aan my voete terwyl ons Vader die eer kry vir Sy sorg vir Sy volk.
Laat ons nooit vergeet wie ons is nie, en laat die eer aan ons Leidsman toekom. Dan sal dit weer goed gaan met ons. Onthou in Wie ons glo, daar sal ons krag vandaan kom”
Net hierdie getuienis alleen is reeds genoeg rede om Geloftedag se belangrikheid te beklemtoon! Ek hoef nie eers verder iets te sê daaroor nie.
Versoening?
Versoening is ’n uitstekende gedagte as dit van twee kante afkom. Albei partye moet gedryf wees tot versoening!
In ons land is versoening net van die Afrikaner se kant af. Die res het geen belangstelling in versoening nie. Die res stel net in vernietiging belang. Hulle is daarop uit om ons te vernietig en verneder
Hoe kan ons versoenings dag vier as daar geen versoening is nie? Hoe kan ons Versoenings dag vier as ons die enigste party is wat bereid is om te versoen?