Die polisie in Limpopo het ‘n aantal vermeende onwettige mynwerkers en dwelmhandelaars in verskeie dele van die provinsie in hegtenis geneem.
Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê sommige verdagtes was na bewering in besit van dwelms en gevaarlike wapens.
Die verdagtes is in ‘n besette munisipale gebou in Marble Hall in hegtenis geneem.
Inhegtenisnemings is ook by Marulaneng-tinmyn en Tzaneen gemaak.
Ledwaba sê die verdagtes sal op verskeie aanklagte teregstaan wanneer hulle in die hof verskyn.
“Die Waterberg-taakspan het voortgegaan na die Marulaneng Tinmine-polisiëringsgebied, waar twee buitelandse burgers, onderskeidelik 26 en 27 jaar oud, in hegtenis geneem is vir die verkoop van voedsel wat verval het. Intussen het die Vhembe-taakspan vier onwettige immigrante, tussen 21 en 39 jaar oud, aangekeer.”