Die polisie in Gauteng het 12 mense tussen die ouderdomme van 19 en 62 by Nana’s Farm, in Lenasia – Suid van Johannesburg, in hegtenis geneem in verband met ‘n brand wat vier lewens geëis het.
Volgens Gautengse polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, word die verdagtes daarvan aangekla dat hulle ‘n brand gestig het wat vier mans doodgemaak het, wat glo by plaaslike kriminele aktiwiteite betrokke was.
Masondo sê twee ander mans is ernstig beseer en ontvang behandeling in die hospitaal.
“Daar word beweer dat ‘n groep gemeenskapslede ses mans aangekeer het wat hulle van huisbraak en diefstal beskuldig het. Hulle het hulle toe aangerand en verbrand. Vier is op die toneel dood verklaar terwyl twee ander in ‘n ernstige toestand na die hospitaal geneem is. Die Provinsiale Kommissaris van die Polisie in Gauteng veroordeel die dade van “mob justice” ten sterkste en het gewaarsku dat diegene wat die reg in hul hande neem, beslissend hanteer sal word.”