Johannesburg Water sê sowat 200 huise in Protea Glen in Soweto is bo-op hul watertoevoerpypleiding gebou.
Die watervoorsiener sê dit dra by tot die voortdurende watervoorsieningsprobleme in die gebied.
Inwoners het verlede week ‘n betoging gehou en gekla dat hulle ‘n week lank nie water het nie.
Nombuso Shabalala, woordvoerder van Johannesburg Water, sê: “Die entiteit se bevinding het bevestig dat die ontwikkeling in die gebied oor die grootmaatwaterlyn uitgevoer is met huise wat direk bo-op gebou is.”
“Inwoners word versoek om te verhoed dat hulle inbreuk maak op of naby kritieke infrastruktuur bou om verdere ontwrigtings en veiligheidskwessies te voorkom.”
Vraag: hoekom word daar net genou sonder dat daar aan bou- en ifrakstruktuurreëls en -vereistes voldoen word? Geld dit dan slegs vir sekere groepe en ander maak wat hulle wil?