Berg Kanlaon, wat meer as 2 400 meter (8 000 voet) bo seespieël op die sentrale eiland Negros troon, is een van 24 aktiewe vulkane in die Filippyne.
Die vulkaan het Maandag vir ‘n kort tydjie in die sentrale Filippyne uitgebars en ‘n groot askolom hoog die lug ingestuur toe die regering beveel het om omliggende dorpe te ontruim.
“Om deur hierdie piroklastiese digtheidstrome getref te word, is soos om deur ‘n hoëspoedvoertuig omgery te word,” het Maria Antonia Bornas, vulkaanmoniteringshoof van die Filippynse Instituut vir Vulkanologie en Seismologie, gesê.
Sy het gesê as van die uitbarsting het op verskeie nabygeleë dorpe en stede rondom die vulkaan gereën, hoewel daar geen onmiddellike berigte van ongevalle of skade was nie.
Sy het ook gewaarsku dat swaar reën die vars vulkaniese sediment van die jongste uitbarsting kan aandryf, wat gemeenskappe binne 6km van die berg af kan begrawe. Sy waarsku dat die as verstikkend is en het versoek dat 15 dorpies binne die 6km radius ontruim moet word.
“Ontruimings is aan die gang” in vier hoogliggende dorpies van die dorp La Castellana, op die vulkaan se suidwestelike helling, het munisipale polisiebeampte stafsersant Ronel Arevalo aan AFP gesê. Daar is nie sekerheid oor hoeveel inwoners deur die ontruiming geraak word nie
“Vlugoperateurs word aangeraai om dit te vermy om naby die vulkaan te vlieg as gevolg van moontlike gevare van skielike stoomgedrewe of freatiese uitbarstings en voorlopige magmatiese aktiwiteit,” het ‘n amptelike bulletin van die Burgerlugvaartowerheid van die Filippyne gesê.
Die seismologiekantoor het gesê Kanlaon het sedert 1866 meer as 40 keer uitgebars.