“Vandag het ek 1ste hands ‘n wonderwerk uit ons Vader se hand beleef…
My man veg al van Donderdagaand af brande wat rondom die plaas is in Nylstroom, Limpopo area.
Hy laat weet my vanoggend net na 11:00 ek moet asb ons werker gaan kry en dadelik deur kom plaas toe sodat ons die beeste in die kraal kan kry want die plaas gaan vandag afbrand, die vure kan nie gekeer word nie.
Ek vra toe vir ons buurman om asb saam te gaan, hy en sy seun gaan toe saam. Ons 4 kry die beeste in die kraal. Ons kry toe my man en ons besluit om na die huis te gaan sodat ons daar kan keer want die vuur is ook soontoe op pad.
Terwyl ons daar wag besluit die mans dat hul gou gaan ry om te kyk wat by die berg aangaan waar dit ook brand, ek en ons werker bly toe by die huis. Ons sien toe aan die agterkant lyk dit of daar mense is, ons werker gaan toe om te gaan help, toe is ek alleen by die huis. Die wolke het begin saampak en begin drup, maar toe is dit weg. Alles het onder beheer gelyk en ek het gesit en bid dat dit moet kom reën, ek besluit toe (besef nou dit was die Heilige Gees wat my gelei het) om Waymaker op my foon te speel. Ek het weer dam se kant toe gestap om te kyk of dit agter nog reg is. Daar het toe ‘n wind opgekom en volgende oomblik sien ek hoe die vlamme oor die berg kom en toe ek agter in die kloof kyk toe sien ek dat die vlamme baie vinnig op pad na die huis toe is. Ek het paniekerig geraak en nie geweet wat om te doen nie, minwetend dat die mans op daardie stadium ook amper vasgekeer was deur die vlamme by die berg waar hul was. Ek het die rugsakspuit gevat en om die erf se heining probeer natmaak.
Die volgende oomblik toe sak daar ‘n bui reën uit en al die vlamme word geblus. Dit het 30mm gereën toe ons gery het en al die vure rondom was dood.
Dankie Vader dat U op die regte tyd die reën vandag gestuur het.
Dankbaar om vanaand my man by die huis te hê en om veilig terug te wees by ons dogtertjie.”
Jolene du Preez – https://www.facebook.com/groups/reenvalsa/permalink/8800465073401498