Geslagsgebaseerde geweld: die regstelsel faal slagoffers

Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het die ‘Gender-based Violence Command Centre’ gestig met ‘n tolvrye nommer 0800 428 428 en ‘a please call me’-nommer *120*7867#.

Geweld teen vroue

Nie net moet die Suid-Afrikaanse samelewing hul koppe in skaamte laat sak nie, maar ons regstelsel het genoeg om voor te antwoord wanneer dit by vroue kom.

Om uit te vind dat byna die helfte van die moordondersoeke waar vrouens vermoor word nie oortreders identifiseer nie en drie vroue elke dag deur intieme vennote wat die algemene oortreders is, vermoor word, wys dat ons inderdaad die vrouemoordoorlog verloor.

Tydens sy inligtingsessie aan die portefeuljekomitee oor maatskaplike ontwikkeling, het die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad berig dat daar ‘n versuim is tydens ondersoeke om verdagtes in byna die helfte van vrouemoordsake te identifiseer.

”Hulle het die probleem gelys om diegene wat verantwoordelik is vir die moorde te identifiseer as “onderrapportering, ‘n gebrek aan deeglike ondersoeke en beperkte polisiehulpbronne”. Dit is die

Oortreders besef maar te deeglik dat hulle kan wegkom met hul misdade. Die gebrek aan gevolge skep ’n siklus van geweld – een waar oortreders weet hulle kan daarmee wegkom.

Sy het bygevoeg: “Hierdie mislukking word vererger deur verouderde stelsels en ondoeltreffendheid, soos agterstande in DNS-toetse vir verkragtingsake en ander geweldsmisdade.

***************************************************************************************************************

Geslagsgebaseerde geweld (GBV) teen mans is ‘n verborge kwessie in Suid-Afrika, en slagoffers rapporteer dit dikwels nie.

Stigma: Mans is dikwels huiwerig om GBV aan te meld weens vrees vir stigma en bespotting van familie, vriende en die polisie.

Patriargie: Patriargale sentimente in die Suid-Afrikaanse kultuur beperk die staat en gemeenskap se vermoë om GBV teen mans te bestry.

Regering se aandag: Die regering fokus meer op GBV teen vroue en kinders, en daar is geen skuilings of bewusmakingsprogramme vir mishandelde mans nie.

Media-aandag: Die media en polisie gee min aandag aan GBV teen mans.

Ondersteuning: Manlike slagoffers van GBV ontvang minder ondersteuning as vroulike slagoffers.

Enkele sleutelintervensies om slagoffers van GBV in Suid-Afrika te beskerm, sluit in:
Die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) 13 van 2022
Die Wysigingswet op Strafregtelike en Verwante Aangeleenthede 12 van 2022
Die Wysigingswet op Gesinsgeweld 14 van 2022

***************************************************************************************************************

Polisiewoordvoerder, kolonel Robert Netshiunda, het gesê wetstoepassers in die provinsie gaan voort met hul pogings om geregtigheid te bring aan geskende vroue en kinders.

“In November 2024 het die speurders van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) 235 verdagtes in verband met sake van verkragting opgespoor en gearresteer.

“Die stryd teen geslagsgebaseerde geweld het ook gelei tot die arrestasie van 227 verdagtes vir die oortreding van die Wet op Gesinsgeweld en nog 39 verdagtes is vir seksuele aanranding in hegtenis geneem. Dit was onder 13 054 verdagtes wat tydens verskeie operasies vir verskillende misdaadkategorieë in hegtenis geneem is,” het Netshiunda gesê.

Netshiunda het bygevoeg dat 3 977 verdagtes ook vir kontakmisdaad in hegtenis geneem is, met 194 en 199 verdagtes wat onderskeidelik vir moord en poging tot moord in hegtenis geneem is.

“69 verdagtes is gearresteer vir huisroof, 40 verdagtes is in verband met sake-roofsake aangekla, terwyl 1 949 verdagtes in hegtenis geneem is vir sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer.”

Netshiunda het gesê die geweldsmisdade in die provinsie word met die gebruik van ‘n vuurwapen gepleeg.

“Om dié rede gaan die polisie voort om vuurwapens terug te vind, waarvan die meeste onwettig is. Tydens November-operasies het die polisie 361 vuurwapens teruggevind, insluitend 31 gewere, 19 haelgewere en 15 tuisgemaakte vuurwapens.

“3 352 rondtes ammunisie van verskillende kaliber vuurwapens is in die proses teruggevind,” het hy gesê.

Ten spyte van al die sukses wat gerapporteer word, is daar steeds sake wat lê en stof vergader terwyl misdadigers steeds vrylik toegang het tot hul volgende slagoffer(s). Die vraag wat gevra moet word is: Hoekom word daar sleg vir 16 dae in ‘n jaar daadwerklike aandag gegee aan GBV terwyl dit ‘n alledaagse norm vir misdadigers is?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui