Brasilië versend weer eens dwelms na Suid-Afrika

Die polisie in Natal het ‘n skeephouers met kokaïen in die Durbanse hawe ontdek. , met ‘n geraamde straatwaarde van sowat R86,5 miljoen, ontdek wat op ‘n skip via die Durbanse hawe vanaf Brasilië ingebring is.

Die kokaïen, wat in agt sakke was, is Maandagmiddag by ‘n pakhuis in Clairwood, suid van Durban, gevind. Dit vrag wat veronderstel is om slegs rooibone te bevat, is afkomstig van Brasilië en die geraamde straatwaarde van die dwelms is ongeveer R86.5 miljoen.

Luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, polisiekommissaris van Natal, wat die toneel besoek het, het gesê die pakhuiseienaars word nie met die dwelms verbind nie. Die pakhuis stoor slegs die vragte wat van ander lande af die hawe binnekom voordat dit na die binneland of naburige lande versend word.

Volgens Mkhwanazi is inligting ontvang dat die houer vanaf Brasilië via ‘n ander land na Suid-Afrika gevaar. “Dit het van begin November af gevaar en na ‘n ander vreemde land gegaan. Vandaar het dit na Suid-Afrika gekom. Vir amper ‘n week lê dit buite Umhlanga in die see en wag om na die hawe te kom. Omdat die span inligting gehad het, is daar 24/7 oor wag gehou.”

Omdat die vrag reeds onder verdenking was, het die spanne sowat 10 houers wat deur die betrokke skip vervoer is, afgekeer. Dei beamptes het die houers deursoek toe hulle by die pakhuis aangekom het en sowat 173 kg dwelms is gevind.

Mkwhanazi het gesê dit lyk asof die modus operandi vir dwelmverskepings verander het.

“Die kokaïen is vervoer in die sakke rooibone wat van Brasilië af kom. Die sakhouers met bone en dié wat dwelms bevat het was nie dieselfde nie. Hulle het ‘n spesiale plakker gehad en was bo-op verpak. Ons verstaan ​​dat dit gemaak is sodat dit maklik sou gewees het om toegang tot hulle te kry,” het hy gesê.

Hy het gesê kokaïen kom gewoonlik in blokke voor, maar in hierdie geval is die kokaïen fyngemaak om soos bone te lyk.

“Wanneer jy dit buite hou, voel dit soos ’n boontjie,” het hy gesê.

Mkhwanazi het gesê die polisie ondersoek die bron en ander skakels en al die houers sal deursoek word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui