Met die feesseisoen in volle swang in die distrik, het die OR Tambo-distrikskommissaris, generaal-majoor Norman Modishana sy lede gekomplimenteer vir die bekamping van misdaad, toe lede 15 ongelisensieerde/verbode vuurwapens teruggevind het en vermoedelik gesteelde voorraad in verskeie dele van dié Oos-Kaap gebied gevind is.
Onder die vuurwapens wat gevind is, is ‘n AK 47 outomatiese geweer en drie tuisgemaakte haelgewere almal met ammunisie.
Onder diegene wat aangekeer is, was vyf verdagtes in Qumbu, almal in besit van ongelisensieerde vuurwapens waarvan die reeksnommers uitgewis is, gevind toe hulle takties in die dorp voorgekeer en deursoek is terwyl hulle in ‘n voertuig gery het. ‘n Gesteelde VW Polo-voertuig gekoppel aan ‘n Kirstenhof-saak in die Wes-Kaap Provinsie is in Ngqeleni, Hluleka-omgewing – Ntlaza A/A, gevind.
Padblokkades wat die naweek tussen Lusikisiki en Koffiebaai gehou is, het meegebring dat sowat 1255 voertuie en 2723 mense voorgekeer en deursoek is en die daaropvolgende beslaglegging op gevaarlike wapens.
Altesaam 18 bestuurders is in Port Port St Johns en Mthatha vir dronkbestuur in hegtenis geneem en hul bloedmonsters is geneem in afwagting van die uitslag om ‘n skuldigbevinding te waarborg. Ongeveer 183 skape wat vermoedelik gesteel is, is aan hul regmatige eienaars terugbesorg, terwyl ander geskut is en na die munisipaliteit se skutsentrums in Qumbu en Tsolo geneem is.
“Ons het ’n reuse taak voor ons om misdadigers te stuit in die bekamping van misdaad gedurende die feesseisoen en daarna sodat alle mense veilig kan wees en ook voel dat hulle veilig is”, het generaal-majoor Norman Modishana, die OR Tambo-distrikskommissaris, afgesluit.