In ‘n artikel wat op 1 November 2024 in die Daily Maverick gepubliseer is, spreek Nicky Newton-King, voorsitter van die Universiteit Stellenbosch Raad haar opinie uit oor hoekom die Wilgenhof debat saakmaak.
Sy spreek haar teleurstelling uit oor mediaberigte oorheers word deur die beweerde beïnvloeding van die Paneelverslag in Wilgenhof eerder as om te fokus op die moontlikhede vir verjonging wat die universiteit se ooreenkoms met die Wilgenhof-ouers en inwoners bied.
Sy skryf sy stem fundamenteel nie saam met die kanselier se bewerings nie, maar sê ook dat daar nie toegelaat moet word dat openbare geskille moontlikhede verdrink nie. Die volle artikel kan in Engels gelees word by: https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2024-11-01-why-the-wilgenhof-debate-matters/
Januarie 2024
News24 publiseer ‘n artikel waarin Hool 88 en Toe Argief beskryf word as “twee geslote kamers in ‘n hoogs geheimsinnige woning”.
Huidige en voormalige inwoners, insluitend Botha, huiskomiteelede Ziyaad Patel en Stephen Tiku en inwoner Jack Kroukamp, het egter almal gesê hul praktyke is welbekend in die universiteit.
Botha het ‘n vorige klag van 2014 as bewys van hierdie kennis aangehaal.
“Toe ’n ouer ’n klag ingedien het, het die destydse koshuishoof die universiteitsbestuur gekontak en gesê: ‘Luister, ons het hierdie praktyke – kom help ons en neem deel aan ons vernuwing’. Hulle het nie die geleentheid aanvaar nie.”
Die paneel het ‘n soortgelyke situasie in 2019 aangehaal toe ‘n klagte met die afdeling van studentesake gedeel is, maar dit is nie tot senior bestuursvlak geëskaleer nie.
Tiku het beskryf hoe hierdie kamers en hul geskiedenis openlik met inwoners gedeel is. “In my eerste jaar is ons die kamers gewys en ‘n kort geskiedenis gegee van wat voorheen gebeur het.”
’n Inwoner wat die program in 2022 bygewoon het, het bygevoeg: “Ons was in die Wilgenhof-kroeg en het met senior inwoners gesels toe ons aan die dissiplinêre komitee [Nagligte] voorgestel is. Ons het die opsie gehad om die TA [Toe Argief] te besoek waar ons die argiewe gesien het … Dit het soos ‘n geskiedenisles gevoel.”
Oud-inwoner Samora Menze, wat tussen 2005 en 2008 in Wilgenhof gewoon het, het dit bevestig en gesê eerstejaars is aan die Nagligte voorgestel as deel van die leer van Wilgenhof se geskiedenis.
Me Newton-King het ook in haar artikel geskryf dat Wilgenhof ‘n koshuis is wat ook die tuiste was van alumni van die era van regter Edwin Cameron tot dié van Markus Jooste.
Februarie 2024
Die Universiteit Stellenbosch het in Februarie ’n paneel van drie mense aangestel om Wilgenhof se praktyke te ondersoek nadat die inhoud van twee kamers, waarna in die media verwys word as Hool 88 en Toe Argief (“geslote argief”), bekend gemaak is.
Junie 2024
Die paneel se Junie-verslag het beweer dat rituele wat met die dissiplinêre komitee van die koshuis, genaamd die ‘Nagligte’, geassosieer word, simbole insluit wat verband hou met wit oppergesag en daar is aangevoer dat Wilgenhof elemente van die universiteit se rassistiese geskiedenis vergestalt. Die verslag het aanbeveel dat die koshuis permanent gesluit moet word.
Nadat die alumni en inwoners teruggekap het op die bevindinge, het die universiteit sy besluit gewysig. In plaas van sluiting, sou die koshuis opgeknap word. Dit sal onder ‘n nuwe naam in 2026 heropen word en huidige inwoners sal tot dan tydelike hervestig word.
Oktober 2024
Die Vereniging vir die Bevordering van Wilgenhof-inwoners, gestig deur Botha en Patel, het kragte saamgesnoer met die Wilgenhof-alumnivereniging om die universiteit se besluit te betwis. In Oktober is ‘n skikking bereik wat stipuleer dat inwoners tydelik vir nie meer as ses maande nie, sal verhuis.
Dieselfde maand het die afgetrede regter van die konstitusionele hof en universiteitsraadslid Edwin Cameron ‘n beëdigde verklaring ingedien waarin hy beweer dat daar met die oorspronklike paneelverslag gepeuter is om net op die sluiting van die koshuis te fokus. Dit het tot gevolg gehad dat die universiteit ‘n nuwe ondersoek van stapel gestuur het.
Die bevindinge van hierdie ondersoek sal op 2 Desember aan die raad voorgelê word, wat die volgende stappe vir Wilgenhof en die hantering van die omstredenheid sal bepaal.
Dit was nooit ‘n geheim nie
Die koshuishoof en huiskomiteelede van Wilgenhof-manskoshuis aan die Universiteit Stellenbosch het na vore gekom om te beweer dat hul praktyke, en die betrokke kamers, nooit ‘n geheim van óf die inwoners óf universiteitsbestuur was nie.
Die paneel het in die verslag gesê dat koshuishoofde ten volle bewus was van die aktiwiteite. In die verslag oor sy bevindinge het die paneel ook gesê “die mate waarin die personeel dwarsdeur daardie verslaglyn dalk van die Nagligte (Nighties) aktiwiteite te wete gekom het, is nie duidelik aan die paneel nie”.
“In Wilgenhof is die kamers wyd bespreek, en almal het daarvan geweet. Dit was nie ’n geheim van binne nie,” het primarius (huiskomiteehoof) Neil Botha gesê.
Botha het Hool 88 en Toe Argief as integrale dele van die koshuis se geskiedenis beskryf en beweer dié kamers is ook nooit vir die universiteit se bestuur weggesteek nie.
Hy het ook gesê hy voel in die steek gelaat deur die universiteit, en vertel van ‘n interaksie met amptenare toe die nuus in Januarie gebreek het. “Die bestuur van die Universiteit Stellenbosch het vir my gesê: ‘Niemand is bereid om die val vir jou te vat nie’,” het hy gesê.
Botha het beweer dat hoewel die meeste van die universiteit se hoofbestuur dalk nie bewus was van die kamers nie, “weet baie van die bestuur wat direk by Wilgenhof se betrokke is, al jare lank”.
Patel het beweer die universiteit het die koshuis en die studente in die rug gesteek deur hulle nie te help om die terugslag te hanteer nie.
Botha het gesê die koshuis het die nuus oor die ondersoek eers op dieselfde tyd as die res van die wêreld ontvang. Botha het ook beweer dat die universiteit net ‘n handjievol kere met hulle gepraat het, maar dat inwoners self die terugslag van die koshuis se geskiedenis moes hanteer.
Tiku het gesê die universiteit het nie die inwoners op hoogte gehou van wat met hul koshuis gebeur nie.
“Soms het ons in die media in plaas van by die universiteit self uitgevind oor verwikkelinge.”
Die Universiteit Stellenbosch het op hierdie bewerings gereageer: “Studente en studenteleiers in alle koshuise word aangemoedig om met hul koshuishoofde te skakel en om ’n kommunikasie- en terugvoerkanaal te vestig.”
Dit het verder verduidelik dat Wilgenhof se koshuishoof gereeld gedurende die jaar verskeie verbintenisse met die huiskomitee gehad het en steeds in voortdurende kontak met die Wilgenhof-huiskomitee was.
“Wilgenhof-studente is van al die amptelike verklarings en kommunikasie van die universiteit voorsien.”
Hool 88 en Toe Argief
Die berugte Hool 88 het gedien as ‘n ruimte waar die Nagligte ontgroeningsrituele uitgevoer het.
Name van vorige Nagligte-lede, datums van die tyd wat hulle betrokke was by die Nagligte asook skilderye van die komitee se kappies wat gedra is met die nommer 88 gemerk, is op die mure.
Menze het onthou dat hy Hool 88 net snags binnegegaan het tydens sy tyd by Wilgenhof en erken hy het min kennis gehad van die kamer se voorkoms in daglig.
Toe Argief is as argief vir Wilgenhof se geskiedenis ingerig en was meer toeganklik vir inwoners. Die kamer het Nagligte-kostuums, foto’s van lede wat kappies dra, en ‘n kis met ‘n pop wat as lid van die komitee geklee was, bevat. Foto’s van ontgroeningsessies waaraan inwoners deelgeneem het, is ook daar ten toon gestel.
Mr Newton-King sê die US is ‘n diverse universiteit met meer as 35 000 studente, 231 000 alumni en 4 832 personeellede. Dit is ook ‘n residensiële universiteit met 37 koshuise (Stellenbosch- en Tygerberg-kampusse saam) wat die tuiste van 8043 studente huisves, van wie 206 by Wilgenhof bly. Al hierdie belanghebbendes maak saak.
Sy sluit af deur te sê dat die geweldige pyn in die Wilgenhof-debat vir soveel verskillende belanghebbendes erken moet word. Die geleentheid wat dit bied om ‘n heilsame en sistemiese verandering te maak wat hul gekoesterde Universiteit posisioneer as ‘n voorbeeld van wat dit beteken om werklik divers en inklusief te wees, waar alle belanghebbendes voel hulle hoort, moet aangegryp word.

