’n Polisiebeampte van Lainsburg het getuig oor die moontlike skak tussen die vermoorde Tik Tok-skepper Suhail Mohamed (34), oftewel mnr Zulu, en die Durbanse wapenhandelaar Anderson Padayachee, en sê Mohamed was in 2018 teenwoordig tydens ’n wapenklopjag.
Dit het gister in die Wes-Kaapse hooggeregshof aan die lig gekom toe Padayachee teruggekeer het vir die voortsetting van sy verhoor. Hy is in Februarie 2021 deur die Valke gearresteer.
Die eienaar van Anderson’s Guns and Ammo in Wentworth, Durban, Padayachee, het onskuldig gepleit op 66 aanklagte teen hom, insluitend moord, poging tot moord, bedrog, die oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer en aanklagte ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdade. Daar is op 44 vuurwapens tydens die klopjag op sy onderneming beslag gelê.
Padayachee word daarvan aangekla dat hy vuurwapens onwettig aan die Terrible Josters-bende verkoop het.
Ten tye van sy inhegtenisneming het dit aan die lig gekom dat die polisie beslag gelê het op 17 onwettige vuurwapens in George, wat in transito vanaf Johannesburg was. Verdere ondersoek het aan die lig gebring die vuurwapens na bewering vir die Kaapstadse bende bestem was.
Sers. Shavon Colin Felix het gister standpunt ingeneem en aan regter Daniel Thulare gesê dat hy op 9 Junie 2018 die eerste keer met Padayachee paaie gekruis het toe hy tussen Laingsburg en Touwsrivier gereis het.
Volgens Sers. Felix het Padayachee ‘n silwer VW Polo-sedan teen ‘n hoë spoed bestuur en hy het die nommerplaat nagegaan. Nadat hy ontdek het dat die nommerplaat vals is, het hy vir Padayachee ingejaag.
Nadat hy saam met die hulp van kollegas van Touwsrivier SAPD voorgekeer is, het hy ontdek die bestuurder was Padayachee, wat vergesel is deur ‘n vrou en twee kinders wat agter gesit het en ‘n bebaarde man in die passasiersitplek. Felix het gesê Padayachee het beweer dat die passasier Mohamed, sy broer was.
Die groep is na die Touwsrivier-polisiestasie geneem nadat die polisie ‘n vuurwapen in die motor ontdek het met ‘n deursoeking van die voertuig is 17 vuurwapens en 24 magasyne in die kattebak van die voertuig gevind.
Die SAPD lid beweer dat Padayachee, nadat hy eers gelieg het dat hy geen vuurwapens of iets onwettigs in sy motor gehad het nie, vir hom gesê het hy is ‘n wapenhandelaar in Durban en gaan die vuurwapens in Kaapstad verkoop.
Tydens ‘n identiteitsparade van foto’s wat ‘n jaar later gehou is, is ontdek dat die bebaarde man Mohamed was.
Op die vraag hoe hy hulle so duidelik kon onthou, het Felix geantwoord: “Ek het die passasier en die bestuurder uitgeken omdat ek vir lang tye met hulle gepraat het. Ek onthou hul gesigte.”
Mohamed is vroeër vandeesmaand voor vermoorde vermeende bendebaas, Peter Jaggers, se huis in Netreg doodgeskiet.
Felix het gesê hy het later verneem die twee mans is laat gaan en die vuurwapens is terugbesorg aangesien geen van die gewere gesteel is nie.
Die verhoor duur voort.