’n Lid van die Burgerlike Beskerming Eenheid van Nigel is op 25 November in die oggendure met ’n mens doodgesteek nadat daar op noodgroep om hulp gevra is ’n jong vrou wat aangerand word.
Rudi Buys, saam met ander lede van die eenheid het ongeveer 00:30 gereageer op die oproep om hulp en was volgens die voorsitter van die Burgerlike Beskerming Eenheid, Marius Fox binne minute op die toneel.
“Ons het ’n mens op die toneel aangetref wat baie aggressief was en besig was om die jong vrou te slaan,” het Fox vertel en bygevoeg nadat die man die lede van die Burgerlike Beskerming gewaar het, hy weggehardloop.
Buys het die man agterna gesit terwyl die res van die lede na die vrou, wat baie ernstig beseer was, omgesien het.
Nooddienste en SAPS is gekontak en volgens Fox, terwyl hulle nog besig was om die vrou te help, gehoor het hoe Buys skreeu dat hy gesteek is. Buys was in sy maag gesteek.
“Ons het besef dat sy steekwond baie ernstig was. Een van die reaksie lede het mediese agtergrond en het met Rudi na Heidelberg Hospitaal gejaag terwyl die ander lede by die vrou gebly het,” het Fox.
Nog lede van die reaksie span het die man wat Rudi aangeval het, agterna gesit.
“Na ’n uur wat gevoel het soos ’n ewigheid het ons die verdagte gevind en so ook die wapen, wat vermoedelik gebruik is om Rudi mee te steek. Ons het die SAPD laat weet dat ons die verdagte gekry het. Die man is inhegtenis geneem,” het Fox gesê.
Lede van die Burgerlike Beskerming het na Heidelberg Hospitaal gegaan om Buys te ondersteun. Volgens Fox het die dokters baklei vir Buys se lewe maar ongelukkig kon hulle hom nie red nie en hy het aan sy besering beswyk.
Daar is intussen verneem dat die verdagte van Lesotho afkomstig is. Die speurtak van Nigel het Sondag almal wat op die toneel was, se verklarings geneem en die saak word ondersoek.
Fox het namens Burgerlike Beskerming vir SAPS, Nigel GPF, Crimestop, die nooddienste en almal wat op toneel gehelp het, bedank.
Buys was die broodwinner in sy gesin en laat sy vrou en vier dogters agter. Die gemeenskap help met fondsinsameling vir begrafnis kostes en kosvoorsiening vir die gesin.
