Jaén-Lee Pyne die verdagte in die moord op Etienne du Preez en poging tot moord op Flip Minnaar het op 25 November weer in die Heidelberg Landdroshof verskyn.
Die saak in die moord en poging tot moord is voorheen al uitgestel tot 13 Januarie 2025.
Die hofsitting van 25 November, rakende die ontbinde lyk wat op 30 Oktober in Arnoldistraat opgegrawe was, is uitgestel tot 9 Desember vir amptelike borgaansoek.
Op die daaropvolgende saak van aanranding met die opset om te beseer en ‘n klag van opsetlike saakbeskadiging, wat al sedert Januarie 2023 op die hofrol is, is die saak ook uitgestel tot 9 Desember.
Pyne se prokureur, Thabang Moloi wat hom tot nou toe verdedig het, het hom van die saak onttrek en Pyne wil aansoek doen vir staatsregshulp.
Die staat het vir die uitstel gevra om verder te bepaal of Pyne vir staatsregshulp kwalifiseer.
Intussen sal Pyne, voordat hy weer in die Heidelberg Landdroshof verskyn op 2 Desember sy tweede verskyning in die Brakpan Landdroshof maak waar hy een klag van moord en drie klagtes van poging tot moord in die gesig staar.
Dié saak volg op ‘n skietery op 4 Mei in Brakpan.
Pyne sal in aanhouding bly tot sy volgende hof verskyning.