G4S-baas in hegtenis geneem

Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek, ook bekend as die Valke, het ‘n ontwrigtende operasie suksesvol uitgevoer wat gelei het tot die arrestasie van die 56-jarige Mark Llewellyn Kannemeyer wat by die onwettige handel en besit van vuurwapens en ammunisie betrokke is.

Kaptein Lloyd Ramovha, Gautengse Valke-woordvoerder, het gesê die “beduidende” operasie is verlede week Woensdagoggend by Kannemeyer se huis in Westonaria uitgevoer.

“Dit het voortgespruit uit waardevolle inligting wat op 18 November 2024 deur die Wes-Rand-gebaseerde Valke se ondersoekspan vir ernstige georganiseerde misdaad ontvang is. Dit het betrekking op ‘n individu wat besig was om ‘n AR15-geweer te verkoop, tesame met verskeie kalibers ammunisie,” het Ramovha gesê.

Na aanleiding van die intelligensie-inligting wat deur die Valke ontvang is, is daar aansoek gedoen vir ‘n deursoekings- en beslagleggingsbevel en hulle is behoorlik gemagtig deur dié owerheid.

“ ’n Gereëlde vergadering met die niksvermoedende Kannemeyer het op 20 November 2024 om 06:00 in Randgate, Randfontein plaasgevind.

“Tydens die deursoeking van die teiken se werkvoertuig is ‘n AR15-geweer met ‘n afgevylde reeksnommer in ‘n handdoek toegedraai, gevind” het Ramovha gesê.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui