Loren Louw (47) het vanoggend in die Brakpan-landdroshof verskyn na sy inhegtenisneming op 26 Februarie 2015 deur die Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoek in Noordwes.
Daar word berig dat Louw in 2015 in hegtenis geneem is tydens die uitvoering van operasie “Tarantula” waar beslag gelê is op R2,5 miljoen se ongesmede goud. Louw het destyds vlugtig in die hof verskyn maar die saak is teruggetrek vir verdere ondersoek.
Louw het in Oktober 2024 dagvaarding ontvang om op 25 November 2024 in die Brakpan-landdroshof te verskyn op 1 176 aanklagte van geldwassery en oortreding van die Wet op Edelmetale ten bedrae van R2,6 miljard.
Die beskuldigde het in die Brakpan-landdroshof verskyn waar die saak in dieselfde hof tot 17 Maart 2025 uitgestel is.