Hoof Uitvoerendebeampte van Padagentskap in Limpopo afgedank

Die Limpopo Departement van Openbare Werke, Paaie en Infrastruktuur LUR Ernest Rachoene het die ontslag van Gabriel Maluleke verwelkom

Gabriel Maluleke is ná ’n tugverhoor afgedank. Die dissiplinêre verhoor teen Maluleke, wat sedert Augustus geskors is, is Woensdag afgehandel.

Van die aanklagte teen hom het oneerlikheid, finansiële wangedrag, nalatigheid en oortreding van sekere artikels van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur ingesluit.

In Julie is die RAL-direksie ontbind nadat premier Phophi Ramathuba in die openbaar gekla het oor die entiteit se neiging om sonder ‘n goedgekeurde begroting paaie te bou.

Rachelle sê die afdanking van die HUB is een van die maatreëls wat getref is om RAL reg te stel, wat projekte goedgekeur het ter waarde van sowat R1,3 miljard sonder daar geld beskikbaar was.

“LUR Rachoene sê die departement het hom aan die mense van Limpopo verbind dat die regering van die sewende administrasie dienste sal lewer om die ekonomie en die lewens van ons mense te verbeter,” het die LUR se woordvoerder, Emmanuel Mongwe, gesê.

“Hy ondersteun dus alle pogings om te fokus op die mandaat wat die mense ons gegee het en nie afleidings van enigiemand wat die doel van die regering wil ontspoor nie.”

Hy het gesê die entiteit streef na ander ingrypings, insluitend ondersoeke na meer eise van wanadministrasie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui