Prokureur skuldig bevind vir regsverydeling

Beskuldigde Nelson Sello Makwele (45) het op 21 November 2024 voor die Harrismith-landdroshof verskyn waar hy skuldig bevind en gevonnis is vir regsverydeling.

Sy skuldigbevinding spruit uit ‘n voorval wat tussen 2020 en 2021 plaasgevind het, toe Makwele twee beskuldigdes in die Phuthaditjhaba-landdroshof verteenwoordig het.

In die loop van die verhoor is die saak na die hooggeregshof oorgeplaas waar die aanklaer agterdogtig geraak het oor Makwele se geloofsbriewe. ‘n Ondersoek is toe gedoen om vas te stel of Makwele gesertifiseer is en toegelaat is om in ‘n hooggeregshof te verskyn. Daar is ontdek dat Makwele nie die nodige sertifikaat gehad het nie. Die saak is by die Valke aangemeld vir verdere ondersoek wat op sy skuldigbevinding uitgeloop het.

Die hof het Makwele gevonnis tot ‘n boete van R4 000 of nege maande gevangenisstraf wat geheel en al vir drie jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie aan dieselfde oortreding skuldig bevind word gedurende die tydperk van skorsing nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui