Drie verdagtes wat op Dinsdag, 19 November 2024 ’n voertuig gelaai met huishoudelike toestelle gekaap het, is Woensdagaand, 20 November 2024 in ’n skietgeveg met die polisie in Mariannhill noodlottig gewond.
Dinsdagmiddag is ‘n motoris gekaap van sy Hyundai H1 afleweringsvoertuig gelaai met huishoudelike toestelle ter waarde van ‘n onbekende bedrag geld op Intakeweg in Mariannhill. Die polisie se intelligensie het die gekaapte voertuig by Klaarwater-koshuis in Mariannhill opgespoor en inligting het aangedui dat die verdagtes besig was om die gekaapte goedere in ‘n bakkie te laai.
Toe die polisie die gebied nader, het hulle die geïdentifiseerde bakkie gewaar en aan die bestuurder beduie om te stop, maar die bestuurder het verkies om die polisie se instruksies te ignoreer en het weggejaag en die polisie het agtervolg.
Tydens die hoëspoedvoertuigjaagtog het die verdagtes skote op die polisie begin afvuur en ‘n skietgeveg het ontstaan. Die verdagte se voertuig het op die hoek van Henry Penington- en Ndwandwestraat in Klaarwater, Mariannhill, tot stilstand gekom. Daar is gevind dat drie verdagtes tydens die skietgeveg noodlottige skietwonde opgedoen het. Daar is twee vuurwapens waarvan die reeksnommers afgevyl is, asook verskeie rondtes ammunisie in hul voertuig gevind.
Behalwe ‘n polisievoertuig wat koeëlgate op die enjinkap gehad het, is geen polisiebeampte tydens die skietgeveg beseer nie.