Twee regeringsamptenare van Limpopo het Woensdag in die Polokwane-landdroshof verskyn waar hulle teregstaan op aanklagte van korrupsie en regsverydeling.
Morongwa Joyce Thobejane (53), ‘n stenograaf by die Polokwane-landdroshof, en ao Matladi Jeridah Chokoe (45), wat verbonde is aan die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek, algemeen bekend as die Valke, is op 7 Oktober 2024 in hegtenis geneem.
Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), in Limpopo, het gesê hul arrestasie volg op ‘n intensiewe ondersoek wat in Februarie 2020 begin het.
Malabi-Dzhangi het gesê die bewerings spruit uit ‘n saak van Januarie 2020 waar die klaagster ‘n verdagte was in ‘n saak van sameswering om moord te pleeg en die twee amptenare het met haar vergader om die inhoud van die dossier te bespreek. Daar is na bewering saamgesweer om die wat aan haar voorgelê is bewyse te vernietig. Hulle het na bewering aangebied om die saak te laar “verdwyn” in ruil vir betaling.
“Die klaer het aanvanklik R1 000 aan die twee beskuldigdes betaal, wat later ‘n bykomende R20 000 geëis het,” het Malabi-Dzhangi verduidelik.
Malabi-Dzhangi het gesê die klaer het die saak by die owerhede aangemeld. ‘n Ondersoek is geloods wat gelei wat gelei het tot die arrestasie van Thobejane en Chokoe.
“Die klaer is daarna skuldig bevind aan sameswering om moord te pleeg en gevonnis om ‘n boete van R10 000 te betaal of ses maande tronkstraf uit te dien,” het sy bygevoeg.
Die saak teen Thobejane en Chokoe is tot 30 Januarie 2025 vir ‘n voorverhoorkonferensie uitgestel.
Hulle albei is tans uit op borgtog van R2 000 elk.
