Opvolg: Borgtog word geweier aan Dezzi Liebenberg

Dezzi Liebenberg se borgtog aansoek is geweier.

Die redes wat haar verteenwoordiger in die hof voorgelê het was onvoldoende om die landros te oorreed om borgtog aan haar toe te staan. Sy sal dus in aanhouding bly vir die duur van die saak.

‘n Persoon wat vir ‘n skedule 5 oortreding borgtog aansoek doen, moet aan die hof bewys dat in die belang van die geregtigheid is dat sodanige borgtog toegestaan moet word. Die onus het dus op haar gerus en nie op die staat nie om bewys te lewer hoekom sy op borg vrygelaat moet word – wat sy nie gedoen het nie.

Die landros het verder gemeld dat ys verwys na twee volwasse kinders. Geeneen van hulle het egter aangedui dat hulle haar sal akkomodeer nie en adresse wat voorgelê het, was verouderd.

Die landros het verwys na vorige appélsake en aangedui dat Dezzi niks het wat in haar in Suid-Afrika sal hou nie en word sy as a vlugrisiko beskou.

Verder is ook gemeld dat sy ‘n aktiewe deelnemer was tydens voorvalle waar Louis Liebenberg doodsdreigemente gemaak het. Sy het geen poging aangewend om haar te distansieër nie.

Louis Liebenberg se borgaansoek wat op 25 November 2024 sou plaasvind, is afgestel. Die landros het hom van die saak onttrek na ‘n verbale onderonsie waarin Liebenberg onder andere die landros gedreig het en hy uit die hof verwyder moes word.

‘n Hofordonnans het voortdurend vir Liebenberg en sy ondersteuners tot bedaring probeer gemaan te midde van die staat se betoog oor hoekom Dezzi se borg nie toegestaan moet word nie. Liebenberg het hom egter nie aan die vermanings gesteur nie, opgespring, slagspreuke begin skree en toe ‘n dreigende houding teenoor die landros openbaar.

Die onttrekking van die landros het tot gevolg dat ‘n nuwe borgaansoek voor die hof gebring moet word sodra ‘n nuwe landros aangewys word om die saak te hanteer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui