Provinsiale polisiewoordvoerder, brigadier Donald Mdhluli sê die polisie by die stasie het rook uit die argiefkantoor opgemerk en die owerhede dadelik gewaarsku.
“Brandbestryders is na die toneel ontbied en het die brand suksesvol geblus. Gelukkig is geen beserings tydens die voorval aangemeld nie en sommige argiefdossiere is verbrand, hoewel die syfers nog vasgestel moet word,” het Mdhluli gesê.
Mdhluli het gesê ‘n ondersoek na die voorval is tans aan die gang om die oorsaak van die brand te bepaal.
Intussen het die waarnemende provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, die publiek verseker dat ‘n gedugte span kundiges aangewys is om die omstandighede rondom die voorval te ontbloot.
“Ons kan nie op hierdie stadium hierdie voorval verbind met die onlangse arrestasies van vier lede nie. Dié saak word deur die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoekeenheid ook bekend as die Valke hanteer. Ons is vol vertroue dat die ondersoek duidelikheid sal verskaf oor wat gebeur het,” het Mkhwanazi gesê.