Suid-Afrika – Ware gebeure deel 6 – Breinspoeling

Ons as Afrikaner volk is die afgelope 30 jaar so afgestomp en gebreinspoel dat ons nie meer die waarheid van die leun kan onderskei nie.

Die kommunis gebruik die Bybel om ons as volk te breinspoel. Die Bybel is veronderstel om ons as volk se “swaard van kennis” te wees. Die probleem is dat ons as volk ’n ernstige gebrek aan kennis het. Dit gaan ons ondergang wees.

Die predikant, Pastoor ens. sê so met ander woorde dit is eg en waar. Die President sê so met ander woorde dis geloofwaardig. Ons is nie bereid daarom wat hulle sê te gaan toets of dit die waarheid is nie.

Liberaliste gebruik enkele versies uit die Bybel en verdraai dit om hul narratief te dryf. Ek sien dit in Charismatiese sowel as voorheen Gereformeerde kerke. Voorheen Gereformeerd oor hulle nie meer die Gereformeerde leer verkondig nie. Hulle verkondig die leer van die wêreld. Ons as volk het arm in hul geloof geword. Soekers van genot eerder as soekers van die waarheid.

Wanneer die woord van die Here gebruik word in swendel boodskappe val ons as volk onmiddellik daarvoor. Iemand wat die naam van die Here gebruik kan tog nie oneerlik wees nie? Ek is jammer om te sê maar dit is die vals profete waarvan die Bybel waarsku.

Nigeriese swendelaars gooi die naam van die Here wyd en syd en besteel ons as volk van kant tot kant!

Ons as volk is ook al so gebreinspoel dat ons dit wat teen die WOORD VAN GOD indruis as goed reg en mooi aanvaar. Volke vermenging, Voorgeboorte moord, Sodomie en nog baie meer kan as voorbeelde gebruik word.

Mense is al so gebreinspoel dat hulle selfs nie met die feite op die tafel anders oortuig kan word nie. Hulle is so afgestomp dat hulle alles goedsmoeds glo en aanvaar.

Ons as volk is al so gebreinspoel dat ons glo dat ons in ons geloof en handel verkeerd is en dat die antichris reg is in alle opsigte.

Ons as volk is al so gebreinspoel dat on glo dat ons die ander wang moet draai in alle omstandighede. Ons is al so gebreinspoel dat as iemand ons kom vermoor dat “dit die Here se wil” is en ons steeds die ander wang moet gee. Ons mag ons self nie verdedig nie! Ons moet hom vergewe sodat hy môre verder kan moor.

Ons word vertel dat ons nie geregtig is op goed wat ons as volk opgebou het nie. Ons voorouers het in die sweet van hul aanskyn opgebou, net om dit aan vernietigers oor te gee.

Laat die erwe van ons vadere vir ons kinders erwe bly.

Ons vadere het vir ons ’n “land van melk en heuning” agtergelaat. Ons het dit aan deurbringers en vernietigers oorgegee. Ons het ons erflating geminag. Ons het dit nie waardeer nie

Wanneer sal ons as Afrikaner volk wakker word en besef dat ons mislei is. Wanneer sal ons as Afrikaner volk besef dat ons die leun najaag. Wanneer sal ons as volk wakker word uit ons breinspoeling.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui