Na aanleiding van almal wat gebaat het by Liebenberg se Ponzi-skema en gehelp het om hom in staat te stel om 4.5miljard rand af te rokkel by niksvermoedende beleggers, het menige kykers gevra na die betrokkenheid van Juanita du Plessis en gesin by Liebenberg se skema.
Mnr Petzer wil nie regtig oor Juanita du Plessis paat nie, maar daar het soveel vrae na sy kant toe gekom dat hy vandag met ‘n swaar hart hieroor praat. Juanita is baie gewild en gesog en haar regspan het Mnr Petzer al net so erg gedreig het (met die reg) as Liebenberg.
Daar is soveel respek en bewondering vir Juanita vanweë haar uitgesproke christelike oortuigings.
Gerugte het die rondte begin doen wat verdag geklink het, en Mnr Petzer se ondersoek strek van hul dae van Gobabis af.
Die eerste keer wat Juanita haar kon distansieër was in Fwbruarie 2023 en sou dit derduisende mense gespaar word om verder met Liebenberg besigheid te doen. Sy het hom die kans gegee om haar naam te koppel aan sy bedrieglike besigheid wat hy bedryf het.
Liebenberg se modus operandi met bekendes.
Hy het baie goed geweet as hy bekendes betrek sal dit sy beeld poets en ander sodoende aantrek om in sy bedrieglike konsep te belê.
Die oorgrote meerderheid vermaaklikheidsterre het verkies om hul te distansieër van Liebenberg as gevolg van sy gedrag wat onaanvaarbaar is.
Carel Nieuhaus, Derek Hougaard en Rudi Claassen was van die bekendes wat betrokke geraak het by Liebenberg.
Juanit du Plessis het opslae gemaak toe sy geweier het om by dieselfde konsert as Jack Parrow op te tree. Jack het egter nooit na dieselfde vlak gedaal as Liebenberg nie. Hy het nooit mense gedreig, op hulle gespoeg of gesinne met marteling gedreig nie.
By openbare funksie het Juanita Liebenberg persoonlik geendoseer het en vertel watter wonderlike persoon hy is. Juanita se antwoord was soos in Rapport dat sy hom jammer gekry het na al die media aanslae, want hulle as gesin is ook al daardeur.
Die sogenaamde media aanslae is geuitenisse van slagoffers van Liebenberg se skema.
“fokof” is die antwoord wat Peet Fivaz van Liebenberg gekry het toe hy gevra het of hy ten minste net sy aanvangskapitaal kan terugkry om vir sy dogter se kankerbehandeling te kan betaal.
Tannie Annatjie van der Sandt het al haar pensioengeld in Liebenberg se skema verloor.
Juanita du Plessis se prokureur haal aan dat volgens Jesaja 40 dit haar christelike plig is wat haar daartoe gedryf het om Liebenberg te endoseer as ‘n wonderlike persoon. Dit is moeilik om te verstaan veral in die lig gesien dat ‘n bekende en gewilde persoon ‘n groot invloed het op die mense en sal lei tot mense wat haar endosering sal glo en ook betrokke raak by die bedrogspul.
Nadat inligting uitgelek het van martelings en dreigemente teen slagoffers in sy skema, het Juanita geen poging aangewend om haar endosering terug te trek nie.
Ondersoek na Du Plessis se ondersteuning van Liebenberg.
Die ondersoek van Mnr Petzer lei hom na Gobabis.
Herman (Doepie) en Juanita trou nadat sy klaar gematrikuleer het. Hy is in die 1990’s ‘n effekte makelaar.
Die eerste transaksie wat opslae maak is wanneer hy ‘n kontrak op Gobabis sluit met oom Gert Koekemoer. Die ooreenkoms is dat wanneer oom Gert sy beeste verkoop het op veilings, Doepie die geld sou neem en dit vir hom belê. Dit het egter nie gebeur nie – nie ‘n enkele sent van oom Gert se geld is belê nie. Dit het eers aan die lig gekom toe oom Gert sy belegging wou onttrek en moes uitvind daar is geen geld nie.
Oom Gert en Doepie skik buite die hof dat hull die akte van die spoghuis van die Du Plessis, wat tot ‘n binnenshuise swembad het, aan oom Gert sal oorhandig. So kan oom Gert dan die huis verkoop om te kyk hoeveel van sy geld hy kan terugkry uit sodanige transaksie.
Oom Gert is intussen oorlede en Doepie se terugvoering was dat daar geen formele bedrogklagtes teen hom aanhangig gemaak is nie.
Die Du Plessis verhuis hierna na Suid-Afrika.
Juanita behaal vinnige sukses in die vermaaklikheidsbedryf en Doepie word haar bestuurder. Alles gaan goed totdat hulle begin om ander kunstenaars onder hul vleuels in te trek en produkte namens ander entiteite begin versprei.
In 2018 loop die Du Plessis ‘n tweede bloutjie.
Haar BK WOW musiek word aangekla en gedagvaar en ‘n verstekvonnis word teen hulle uitgereik. Doepie is die enigste lid en direkteur van die BK.
Einde 2017 sluit Spoetnik Edms ‘n kontrak met WOW. Spoetnik besit die intellektuele en vervaardigingsregte van die bordspeletjie Boereplaas wat hulle uitreik en wat oornag ‘n reuse suskes is omdat dit in Afrikaans en volkseie is.
Die ooreenkoms is dat Spoetnik die bordspeletjie in grootmaat aan WOW verskaf wat dit dan sal bemark en verkoop. Die geld word aan Spoetnik oorbetaal nadat verspreidingskostes afgetrek is. Spoetnik lewer die eerste bestelling af aan WOW op 2 Maart 2018.
Einde April 2018 het Spoetnik reeds bestellings ter waarde van R377 000 gelewer maar nog geen betaling is ontvang nie. Dit lei daartoe dat Spoetnik vir WOW dagvaar en eis ‘n vonnis by verstek wat in November 2018 deur die landroshof in Pretoria toegestaan is.
Uitstaande betalings van WOW aan onder andere kunstenaars en vervaardigers, beloop daardie jaar R7.3 miljoen.
Doepie onttrek hom uit die BK en sy seun Ruhan word die alleen-eienaar van die BK. WOW word finaal gelikwideer in 2019 en Juanita en Doepie moet hul persoonlike bates as borg plaas en moes ook hul plaas verkoop om fondse bymekaar te kry om eisers sover moontlik te kan betaal.
Volgens du Plessis se prokureur word die mislukking toegeskryf aan die afname in CD verkope in Suid-Afrika, want luisteraars het hul na aanlynplatforms, soos Spotify, gewend.
Vraag: Wat het die wanbetaling van Spoetnik te doen met Spotify?
En hier stap Liebenberg die familie se lewens binne om hulle uit hierdie verknorsing te red, soos hy dit stel.
Hy vergader die hele gesin in die raadsaal en laat al sy personeel deelneem aan die ontmoeting met die Du Plessis gesin. Hy maak die kru opmerking in die raadsaal, “As julle maar net weet het hoeveel meisies ek gespyker het op Juanita se musiek.”
Juanita was die enigste een wat hieroor gelag het. Al die ander teenwoordig was baie ongemaklik. Die vraag is hoekom het dit nie reeds by Juanita ‘n rooi gevaarligte laat opgaan nie. Sy het egter agterna gesê sy het skaam gelag.
Volgens Jana van der Merwe van Netwerk 24, is ‘n gesamentlike betaling van R900 000 gemaak aan Juanita se J-musiek. Jana van der Merwe staan by dié feit en sê sy het bewyse van die betalings wat aan J-musiek gemaak is.
In ‘n berig wat Sondag in Rapport verskyn het, sê Juanita dat sy ongeveer R90 000 belê het en slegs R60 000 teruggekry het. Dit verklaar egter nie die R900 000 waarvan Jana van der Merwe die bewyse het nie.
In dieselfde berig sê Doepie dat hy ongeveer R1.4 miljoen in die skema belê het en ongeveer R500 000 verloor het. Op ‘n vraag oor hoe hy so ‘n groot bedrag kon belê nadat hy sy persoonlike bates moes verkoop en sy plaas verloor het om skuldeisers van WOW te betaal, het hy slegs gesê sy persoonlike bron van inkomste is privaat.
Die ander vraag was waarom hulle toelaat dat Liebenberg steeds misbruik maak van Juanita se naam as hulle so ingeloop is. Hy het male sonder tal in videos gesê dat Juanita hom ondersteun en nêrens is daar enige sprake dat sy haar in die openbaar distansieër van hierdie persoon en sy besigheid nie.
Vrae word ook gevra hoekom Juanita aanhangers wat teen Liebenberg gekant is, se kommentaar van haar sosiale media geblok het en slegs pro-Liebenberg ondersteuners se kommentaar daar toelaat.
Die prokureur het ‘n paar dinge aangespreek wat Mnr Petzer met die lesers wil deel:
Mnr Petzer het Liebenberg wye dekking gegee sover terug as Aug 2022 onder meer op YouTube oor Zuma se regskostes. Die prokureur sê dat mnr Petzer eerlik moet wees met sy ondersteuners oor sy interaksies met Liebenberg voor hy die Du Plessis’ wil blameer vir die optrede van Liebenberg.
Mnr Petzer bevestig sy kommentaar oor Liebenberg was altyd negatief en is beskikbaar op sy sosiale platform. Mnr Petzer stel dit onomownde dat hy nog nooit ‘n sent geld by Liebenberg geneem of ontvang het nie en dat hy die publiek van dag een af teen Liebenberg gewaarsku het.
Die prokureur eis dat Mnr Petzer omverskoning moet vra vir die uitsending wat hy gister geplaas het. Die prokureur beweer Mnr Petzer het vals inligting deurgegee. Die enigste ding wat Mnr Petzer kan toegee is dat hy nie hofstukke aan die prokureur voorgelê het nie en daarvoor vra hy omverskoning. Die feit dat punte wat in die hofstukke voorkom, wel met die prokureur aangeroer is.
Mnr Petzer sal die 9 bladsye van die nikseggende antwoorde vanaf die prokureur plaas sodat die leser hul eie oordeel kan vel.
Dié video is nie gemaak om ‘n oordeel te vel nie, maar om die leser ingelig te hou sodat hulle hul eie besluite kan neem oor die Du Plessis’ se betrokkenheid by Liebenberg,
**********************************************************************************
Geagte meneer Petzer
INSAKE: J DU PLESSIS // TARIOMIX
1. Ek verwys na Willem Petzer se vrae wat aan my gestuur is per WhatsApp op 17 November
2024, ‘n uitdruk waarvan aangeheg word as aanhangsel “A”. Ek verwys ook na Jana van der
Merwe se skrywe aan my gedateer 18 November 2024 gestuur om 12h15, ‘n afskrif waarvan
aangeheg word as aanhangsel “B”.
Ek gaan nie op al die vrae individueel antwoord nie, in die lig van wat hieronder onder volg, en die reg om dit namens die Du Plessis familie in die gepaste forum te doen, word streng voorbehou.
2. Wat betref my gesprek met Willem Petzer en die vrae wat daarop gevolg het, is die bona fides in
die tender van ‘n vergadering met Mnr Petzer deur hom ondermyn met ‘n video-greep wat hy op
sy Facebook-groep geplaas het die oggend van 18 November 2024. In die genoemde greep,
het hy die telefoon gesprek wat ek met hom gehad het in verskeie materiële opsigte valslik
weergegee aan, soos die statistieke toon omstreeks 12h35, minstens 300 000 kykers van die
video-greep. Hy het tydens hierdie video-greep aangedui dat hy vir my sekere goed vertel het
tydens die telefoon gesprek wat eenvoudig vals is. Dit sluit in, onder meer:-
2.1. Dat hy genoem het dat mense self dood gepleeg het, gely het aan kanker, ensovoorts, en
verwys het na die persoonlike omstandighede van baie van die slagoffers van die skema.
Dit is nooit bespreek nie.
2.2. Hy het genoem dat hy vir my hofstukke gestuur het. Dit is vals. Daar is geen dokument van
enige aard na my gestuur nie, slegs die vrae per aanhangsel “A”.
2.3. Hy het genoem dat ons Juanita se bywoning van Louis Liebenberg se troue bespreek het.
Dis vals. Dit het glad nie ter sprake gekom tydens die gesprek nie.
2.4. Dit is duidelik dat Mnr Petzer nie bereid is om met sy kykers die waarheid te deel nie. In die
lig hiervan, het ek geen vertroue in sy bona fides nie, en my tender van ‘n vergadering met
hom word teruggetrek. Ek eis dat hy onmiddellik die rekord regstel en die korrekte
weergawe van die telefoongesprek uiteensit. Indien nodig, kan ek my konsultasienotas van
die gesprek, wat op Notability opgeneem word, wat insluit ‘n audio-greep, met hom deel, om
hom te herinner waar die waarheid lê. Hy moet egter erken op facebook dat hy wesentlik
my gesprek met hom verkeerd weergegee het.
2.5. Tydens die genoemde gesprek met Mnr Petzer het hy erken dat hy bereid is om op
Facebook te publiseer sonder om ooit kommentaar in te win van die persone oor wie hy wil
berig. Hy het aangevoer dat hy homself as ‘n verslaggewer beskou, en vir daardie rede het
ek hom gekritiseer in sy metodiek om, ten spyte van sy eie karakterisering as ‘n
verslaggewer, verslag te wil doen sonder om billike kommentaar in te win. Wat Mnr Petzer
ook versuim het om tydens die genoemde gesprek enigsins aan my te openbaar, ten spyte
van die feit dat hy vir Mev du Plessis in ‘n openbare veldtog wil te na kom, is dat hyself
vroeër betrokke was by Louis Liebenberg. Hy het saam met hom Namibië toe gevlieg vir ‘n
besigheidstransaksie en daar is sprake in die media dat R80 miljoen by daardie transaksie
ter sprake sou wees. Na bewering, het hierdie vergadering in Namibië plaasgevind nadat
hy reeds op ‘n openbare forum sy teleurstelling in Louis Liebenberg se openbare optredes
uitgespreek het, en ten spyte daarvan het hy hom nie gedistansieer van Louis Liebenberg
nie, maar steeds probeer om besigheid met hom te beklink. Natuurlik ontstaan die vraag of
hy enigsins betrokke sou raak by enige beriggewing van Louis Liebenberg as die
besigheidstransaksie met Louis Liebenberg suksesvol beklink is. Die berigte op sosiale
media betreffende hierdie interaksie, het ek intussen agtergekom, is baie volop. Juis as
gevolg daarvan, was Mnr Petzer vir baie lank baie stil oor Louis Liebenberg tot na die
arrestasie.
3. Vir die bogenoemde redes, het ek nie vertroue in enige proses wat Mnr Petzer betrek nie, en
ek verlang sy verskoning van die verkeerde aanhaling van my gesprek met hom.
4. Nietemin, terwille van deursigtigheid, sal ek steeds sekere vrae op versoek van die du Plessis
familie antwoord, sonder dat daar enige verpligting is op hulle om dit te doen. Soos ons dit
doen, moet dit duidelik op rekord gestel word dat ons kliënte onder geen omstandighede
instem dat enige van hulle persoonlike inligting bekend gemaak mag word nie en alle regte
wat betref die beskerming van hulle persoonlike inligting in terme van POPIA word streng
voorbehou. Soos dit duidelik gemaak is deur ons kliënt in haar berig in die Rapport, is die Du
Plessis familie nie bereid om die prosesse van die likwidateure van Tariomix te ondermyn nie.
Hulle het reeds dit duidelik gemaak dat hulle deur hulle prokureurs met die prokureurs van
Tariomix sal vergader met al hulle inligting. Die nodige reëlings in die verband is reeds getref.
Die persone wat ‘n belang het by die besigheid van Louis Liebenberg, synde die likwidateure
van Tariomix, sal ten volle en openlik ingelig word van ons kliënte se beleggings geskiedenis
by Tariomix. U kan onafhanklik bepaal in tyd of dit wel geskied het, maar ons kliënt het reeds
die versekering aan die likwidateure gegee dat dit sal gebeur. In die verband is dit belangrik
om uit te wys dat die likwidateure se prokureurs – wat betref Juanita du Plessis – sal wees Mnr
Kobus Senekal, wat in Bloemfontein praktiseer en die likwidateure sal adviseer. Die rede
hiervoor is dat, ons Mnr Tintinger inderdaad getroud is met Mev Susan Strydom, een van die
prokureurs in Tariomix, en vir daardie rede is daar reeds vooraf besluit dat die du Plessis
gesin – wat betref die interaksie met die Tariomix likwidateure – onafhanklike
verteenwoordiging behoort te kry, wat hulle het. Deur die onafhanklike prokureurs is daar
reeds uitgereik vir ‘n vergadering met Mnr Senekal. Soos reeds in die Rapport berig is, tree
ons Mnr Tintinger en ons Mev Bezuidenhout vir die du Plessis familie op vir ‘n paar jaar reeds.
5. Betreffende die vrae van Mnr Petzer, antwoord ons dit soos volg, maar deurentyd onderhewig
daaraan dat ons kliënte die regmatige ondersoek proses van die likwidateure van Tariomix sal
eerbiedig:
Ad 1:
6. Die presiese woorde van Louis Liebenberg kan nie in herinnering geroep word nie, maar hy
het ‘n kru-opmerking gemaak in woorde soortgelyk aan die aanhaling. Daardie stadium, was
Juanita en haar gesin in die raadsaal van die kantoor, op ‘n Maandagoggend, en mense het
begin instroom as deel van die Maandagoggend vergaderings, en dit is glad nie vooraf met
hulle bespreek nie. Toe die opmerking gemaak was, was die du Plessis gesin uit die veld
geslaan en het Juanita verleë saam gelag. Soos baie duidelik is uit Louis Liebenberg se
interaksie met almal, is hy gewoond aan uiters kruetaal, soos wat Mnr Petzer ook sal kan
getuig in sy interaksies met hom. Dit beteken hoegenaamd nie dat sy daardie optrede
ondersteun het nie, sy was eerder verleë en skaam daaroor, maar kon nie te midde van die
skare mense net uitloop nie.
Ad 2:
7. Ruan Josh was nooit by ‘n saamtrek van Liebenberg in Kaapstad nie. Hy kan ook nie onthou
dat hy enigsins betrokke was by enige vergadering waar Louis teenwoordig was wat daar
gespoeg is op ‘n foto van Veronica van Dyk nie. Hy is 100% seker dat hy slegs by een
geleentheid was waar Louis Liebenberg in die openbaar opgetree het, en dit was by Sun City.
By hierdie geleentheid het Louis Liebenberg ook wispelturig opgetree, maar Juanita was
bespreek om daar op te tree en sy was kontraktueel verplig om dit te doen.
Ad 3:
8. Soos genoem, was daar geen saamtrek in Kaapstad waar Ruan Josh betrokke was nie.
Juanita en haar gesin het hulle nooit vereenselwig met enige kruetaal of ander van die
haatspraak van Louis nie. Dis opportunisties om die indruk te wil skep dat hulle dit gedoen
het. Wat betref WOW is daar niks om oor te berig nie, en is die beriggewing oor WOW ook ou
nuus. In ‘n neutedop, was WOW ‘n verspreidingsmaatskappy vir CD’s en ander werke vir
musikante en kunstenaars. Platemaatskappye sou CD’s verkoop op faktuur aan WOW en
WOW sou dit in die kleinhandel verkoop by verskeie klein handelaars. As gevolg van die mark
wat so drasties verander het gedurende daardie periode, met digitale musiek wat al meer
gewild geraak het deur platforms soos spotify, apple music, ensovoorts, het CD verkope
drasties geval. Verskeie kettingwinkels wat net daardie tipe besigheid gehad het, het, soos jy
goed sal weet, toegemaak. WOW het ‘n groot bestelling ontvang van ‘n ketting groep in Suid
Afrika om ‘n baie groot aantal CD’s uit te rol, en het, ten einde daardie bestelling te kan lewer,
ekstra uitgawes moes aangaan, net om uiteindelik ‘n bestelling vir die helfte van die produk te
ontvang. Dit het WOW in ‘n onbenydenswaardige finansiële posisie geplaas, met die
verhoogde uitgawes verbonde aan die bestelling, en die regsadvies op daardie stadium was,
(heeltemal korrek) dat die direkteure verplig is om WOW toe te maak, en te likwideer, anders
sal daar gevolge wees aan die voortgesette handeldryf van WOW. Dit is presies wat gebeur
het, en Mnr Ruan Josh du Plessis (toe die enigste direkteur van WOW), het sy volle
samewerking gegee aan die likwidateure in die likwidasie proses van WOW.
9. Soos jy weet is daar ekstensiewe ondersoek prosesse beskikbaar aan krediteure in likwidasie,
indien enige onbehoorlike optrede vermoed word. Nie een krediteur, of die likwidateure, het
ooit hulle gewend tot enige ondervraging na die sake van WOW nie. Om verder die bona
fides van die Du Plessis gesin te ondersteun, sal u waarskynlik weet dat Mnr en Mev du
Plessis hulle self as borge verbind het teenoor die grootste krediteur, Absa Bank Beperk, wat
ook ‘n versekerde krediteur in WOW was. Nadat Absa ‘n dividend ontvang het in WOW, het
hulle, deur ons kantore, ook met Absa Bank Beperk se prokureurs onderhandel, en is daar ‘n
skikking bereik tot bevrediging van al die partye, en word daar presteer uit hoofde van die
skikkingsooreenkoms. Die terme van die skikkingsooreenkoms is vertroulik. Soos u
waarskynlik ook sal weet, was die nagevolge van WOW se likwidasie ingrypend ook vir Ruan
Josh wat persoonlik baie groot finansiële skade gely het as gevolg daarvan. Al die
kunstenaars wat betrokke was by WOW, is egter ten volle betaal.
10. Die likwidasie en distribusie rekening van WOW Musiek is ‘n openbare dokument wat, onder
meer, by die Meester geliasseer is. Dit is so dat daar ‘n tekort was in WOW, grootliks te wyte
daaraan dat CD’s geen groot waarde het indien dit herverkoop sou word op veiling nie. Vir
ons kliënte wat egter weet hoe kunstenaars afhanklik is van maandelikse inkomste uit CD
verkope, was dit ‘n prioriteit om te probeer vergoed aan die kunstenaars wat aan die kortste
end getrek het. Die enigste krediteur wie se rekening bewys is in die insolvente boedel van
WOW, Absa Bank Beperk, is, soos genoem, behalwe vir die dividend wat die bank ontvang
het in die insolvente boedel, daarna geskik deur Mnr en Mev du Plessis persoonlik, in hulle
hoedanighede as borge.
Ad 5:
11. Die sogenaamde 10% reël, was ‘n voorstel van Louis Liebenberg. Dit was nie ‘n kontraktuele
term nie, en beleggers was nie enigsins daaraan gebonde nie, soos u goed sal weet. Mnr du
Plessis se privaat inkomste en sy bronne van inkomste is net dit: privaat. Vir doeleindes van u
beriggewing, kan u egter weet dat hy dit glad nie van Louis Liebenberg of van enige van sy
maatskappy ontvang het nie. Meer as dit, is u nie op geregtig nie.
19. Wat betrek Jana van der Merwe se navrae in aanhangsel “B”, kortliks die volgende antwoorde:
Ad 1:
20. Juanita het geen konsert geborg deur Liebenberg in Pretoria bygewoon nie. Sy het wel ‘n digters-en-skrywers gala aand by Sun City bygewoon, waar ‘n bespreking deur haar agentskap vir haar vertoning geplaas is. Haar agent is betaal en sy is deur haar agent betaal.
Haar besigheid in J Rekords is privaat.
Ad 2:
21. Daar was kontant. Die omvang daarvan word volledig openbaar aan die likwidateure. Dit was
egter baie min. Die ondersoek van die likwidateure kan nie ondermyn word nie, soos hierbo
gestel. Die kontant is ook onverwags vir haar gegee, en daar is volledige rekord daarvan.
Ad 3:
22. Daar was meerdere pakkies. Weereens die volle besonderhede sal aan die likwidateure
verskaf word.
Ad 4:
23. Weereens, hierdie inligting sal deur Juanita se prokureurs wat die Tariomix saak vir haar
hanteer, volledig aan die likwidateure verskaf word. Daardie ondersoek sal nie ondermyn
word deur ‘n ondersoek in die media nie.
Ad 5:
24. Sien antwoord op 4 hierbo.
Ad 6:
25. Sien die inleidende deel hierbo. Daar is geen konflik van belange nie, ons hanteer Juanita en
die du Plessis familie se persoonlike aangeleenthede, en die interaksie met die Tariomix
likwidateure word deur Mnr Senekal hanteer.
Ad 7:
26. Weereens, hierdie vrae sal aan die likwidateure beantwoord word. Indien hulle dit verlang, sal
Juanita ook ‘n geheime ondervraging bywoon. Dit sal egter nie nodig wees nie, haar
onderneming deur haar prokureurs is volle samewerking, soos reeds op rekord geplaas, wat
van min ander beleggers gesê kan word.
Ad 9:
27. ‘n Familielid het Liebenberg se besigheid by hulle aanbeveel. Terwille van die familielid se
privaatheid, word haar/sy identiteit weerhou.
Ad 11:
28. Dieselfde groei as wat aan ander beleggers belowe is.
Ad 11:
29. Dit is algemeen bekend dat, ook op sosiale media, dat Louis Liebenberg vuiltaal gebruik het.
Ons kliënte kan nie daarvoor instaan nie. Hulle het nie “met hom bevriend geraak nie”.
Ad 12:
30. Inkorrek. Juanita het nie vir maande lank verder in die skema ingekoop nie. Weereens, die
besonderhede van haar belegging word deur haar prokureurs met Tariomix se likwidateure
bespreek.
Ad 13:
31. Die presiese datum is onbekend. Die ondersoek na Liebenberg is deur die pers gepubliseer,
en die datum sal met verwysing na daardie berigte bepaal kan word.
Ad 14:
32. Die du Plessis’s wou deurentyd nie hulle privaatsake in die media gehad het nie. Dit het egter
onafwendbaar geword, as gevolg van, onder meer, die nuutste sensasie wat probeer skep
word rondom hulle, sonder enige regverdiging. Die rede hoekom hulle uit die media uit wou
bly, word juis onderstreep deur die hekse-jag wat tans teen hulle gevoer word, onder meer in
die valse berigte wat onlangs bekend gemaak is, onder meer dat hulle ‘n R1 miljoen gegee is
uit die skema wat eenvoudig net nie die waarheid is nie. As dit hulle keuse is, het hulle glad
nie betrokke geraak by die media vir sover dit Louis Liebenberg se besigheid aanbetref nie.
Ad 15:
33. Ons kliënte het dit reeds duidelik gemaak in Rapport dat die gereg sy gang moet gaan. Hulle
wil nie strafregtelike prosesse of die prosesse van die likwidateure ondermyn nie, en sal vir
sover hulle betrokke was as beleggers, met die likwidateure saamwerk. Dit is nie hulle werk
om oordeel te vel terwyl daardie sake in howe hangend is nie.
34. Ons kliënt het nou met die pers baie meer gedeel as wat sy andersins sou wou, en die
bogenoemde word aan u deurgegee as ‘n finale antwoord. U word uitgenooi om verder met
die likwidateure te skakel indien u meen dat u geregtig is op meer inligting wat betref Tariomix
se bedrywighede of enige belegger se persoonlike beleggings geskiedenis. Soos u weet, is
daar ‘n geheime ondersoek na Tariomix se sake. Vir ons kliënt om verdere inligting te verskaf,
sal daardie proses en die geheimhouding misken, en u kan self met tyd by die likwidateure
nagaan of ons kliënte saam gewerk het met hulle.
35. Geen verdere kommentaar sal dus gelewer word nie, en alle regte betreffende feitlik inkorrekte
en/of lasterlike beweringe betreffende die familie word voorbehou.
Die uwe,
Le’Cinda Bezuidenhout en Sybrand Tintinger
