https://www.dementiasa.org/assets/uploads/What-is-dementia-AFRIKAANS-BW.pdf
Die term ‘demensie’ word gebruik om die simptome te beskryf wat voorkom wanneer die brein deur
spesifieke siektes en omstandighede aangetas word.
Dit sluit Alzheimer se siekte en beroerte in.
Demensie is progressief – dit beteken dat die simptome geleidelik erger word. Dit hang van elke individu af hoe vinnig dementia vorder. Elke mens is uniek en sal dementia op hul eie manier ervaar.
Simptome van demensie sluit in:
Geheueverlies – byvoorbeeld, om die pad huis toe vanaf die winkels te vergeet, of
om nie in staat te wees om name en plekke te onthou nie.
Gemoedsveranderings – veral as dele van die brein wat emosies beheer deur die siekte aangetas word.
Mense met dementia mag ook hartseer, bang of kwaad wees oor wat besig is om met hulle te gebeur.
Kommunikasieprobleme – ’n afname in die vermoë om te gesels, te lees en te skryf.
Gedurende die later stadiums van dementia sal die aangetaste persoon probleme ondervind om
alledaagse take te verrig en sal toenemend van ander mense afhanklik raak.
Die vyf mees algemeen gediagnoseerde tipes demensie is:
Alzheimer se siekte is die algemeenste tipe demensie wêreldwyd. Vroeë tekens van Alzheimers sluit in die vergeet van name, onlangse gebeure, disoriëntasie, bui en persoonlikheidsveranderinge asook die verwaarlosing van persoonlike sorg. ’n Familiegeskiedenis van Alzheimers en genetika is risikofaktore vir die siekte wat meestal onder bejaardes gediagnoseer word.
Vaskulêre demensie kan mettertyd ontwikkel of ‘n skielike aanvang hê. Vroeë tekens is verwarring en disoriëntasie. Die risiko om vaskulêre demensie te kry neem toe met ouderdom. Ander risikofaktore sluit in ‘n geskiedenis van hartaanval of beroertes, hoë cholesterol of bloeddruk en lupus.
Demensie met Lewy-liggame (DLB) word veroorsaak deur proteïenophoping in senuweeselle. Disoriëntasie en geheueverlies is die gevolg van hierdie neerslae wat ontwrigting van chemiese seine in die brein veroorsaak. Pasiënte met DLB kan hallusinasies ervaar, snags sukkel om te slaap, maklik bedags aan die slaap raak, floute ervaar of verlore raak of gedisoriënteerd raak.
Parkinson se siekte demensie (PDD) kan lei tot probleme met die verwerking van visuele inligting, of om te onthou hoe om eenvoudige alledaagse take uit te voer. Vroeë tekens van hierdie tipe demensie sluit probleme met redenering en oordeel in.
Gemengde demensie word gediagnoseer by pasiënte met meer as een tipe demensie. Vaskulêre demensie en Alzheimer’s is die mees algemene tipes wat deel vorm van gemengde demensie. Sommige mense ervaar eers geheueverlies en disoriëntasie, terwyl ander veranderinge in gedrag en bui het. Soos die siekte vorder, ervaar die meeste pasiënte met gemengde demensie probleme met praat en loop
As jy vermoed dat iemand wat jy ken of liefhet, demensie het, is dit die beste om mediese advies in te win.
