Mev Suid-Afrika 2025 gaan op jeugontwikkeling fokus

Die droom om die Mev Suid-Afrika-kroon te dra, is bereikbaar vir enigiemand wat gemotiveerd is om daarna te streef, het Mev Suid-Afrika 2025 Erin-Jane Miller gesê.

Drie vroue van Gauteng is Vrydag, 15 November 2024 by die Theatre of Marcellus by Emperors Palace in Kempton Park as Mev Suid-Afrika, eerste en tweede prinsesse by die kroningseremonie gekroon.

Die kompetisie vir getroude vroue leer vroue hoe om die beste weergawe van hulself te wees, hoe om ‘n stem van verandering te wees en hoe om te hul beel das die sterk, invloedryke vroue wat hulle is uit te dra. “Ek is nie ’n kompetisiemeisie nie, ek het besluit om vir mev SA in te skryf omdat die kompetisie ’n platform gebied het vir vroue om hul stem te vind.”

“Toe ek gekroon is, het ek gemengde emosies gevoel, ek dink van dankbaarheid en oorweldigende diep besinning oor wat die oomblik regtig vir my beteken het,” het Miller gesê.

“Terwyl ek daar gestaan ​​het, het ek gedink aan elke persoon wat op my reis gekom het en my ondersteun het en ek het geweet dat hierdie oorwinning vir ons almal was, dit was ‘n droom waaraan ons ‘n hele jaar gewerk het.”

Die strategie vir wat ons wil doen is duidelik, want ons weet presies wat ons wil doen, nou is dit net om seker te maak ons ​​kan organisasies, mense en hulpbronne mobiliseer vir die werk in die nuwe jaar, het sy gesê.

Eerste prinses Tshiamo Githinji (30) van Sandton en tweede prinses Lisa Gittins (25) van Pretoria is saam met Miller gekroon.

Miller se fokus tydens haar heerskappy sal op jeugontwikkeling wees, want dit is iets waaroor sy al baie jare passievol is en sedert 2008 praktiseer.

“Die reis was absoluut ongelooflik, ek het soveel groei ervaar as ‘n vrou, ‘n besigheidseienaar en ‘n leier. Dit het my soveel meer selfvertroue gegee om net op te staan ​​en my stem te gebruik om te praat oor die kwessies wat vir my belangrik is.”

OFM Nuus

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui