Bekende sangeres het glo ook gebaat en verloor in Liebenberg se bedrogspul

Kosmos 94.1 het die volgende op hul blad geplaas:

Die Namibiese sangeres Juanita du Plessis en haar man, Doepie, het na bewering die afgelope jaar groot bedrae geld belê en groot winste gemaak as “vennote” in die omstrede Suid-Afrikaanse sakeman Louis Liebenberg se Forever Diamonds and Gold-skema. Volgens Suid-Afrikaanse media beloop die uitbetalings aan hulle glo groot bedrae. Toe die egpaar om kommentaar genader is, het Doepie aangevoer dat hul persoonlike finansies niks met niemand te doen het nie. Hy het egter nie die waarheid daarvan betwis nie. Meer as 45 000 mense het glo by Liebenberg belê, maar dit blyk egter dat slegs ‘n paar honderd mense voordeel uit die skema getrek het, terwyl duisende ander beweer hulle het skade gely. Liebenberg beweer hy het al meer as 3 miljard Suid-Afrikaanse rand uitbetaal.   

Mev Du Plessis se prokureur het aktivis Willem Petzer genader om ‘n gesprek te hê voordat Mnr Petzer ‘n video opname publiseer. Die prokureur het versoek dat Mnr Petzer die video uitsending sal uitstel tot Donderdag (op hierdie dag word Liebenberg se vrou se borgtogaansoek aangehoor), maar Mr Petzer het ‘n onderneming gegee dat hy sy video vandag sal publiseer.

Volgens Mnr Petzer is feite wat hy versamel het rondom mev Du Plessis se betrokkenheid by Liebenberg, wat op hierdie stadium in aanhouding is op verskeie aanklagte waarby hy baie mense ingeloop het met geld wat by hom belê is, weerlê sekere media berigte.

Mnr Petzer wag op hierdie stadium op die antwoorde op die vrae wat Mnr Petzer aan hom gerig het. Mnr Petzer gaan môre oggend om 07:00 die feite wat hy op hande het, in ‘n video opname publiseer.

Liebenberg en sy vrou Dezzi se borgtogaansoeke word onderskeidelik op 21 en 25 November aangehoor in die Bronkhorstpruitse hof. Liebenberg poog hiermee om te verseker dat aan borgtog sy vrou toegestaan sal word.

https://fb.watch/vXaqBENKna

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui