Twee mense het gister aan die Suidkus verdrink terwyl ‘n derde persoon vermis word in twee afsonderlike voorvalle minder as ‘n uur uitmekaar
’n Man en ’n vrou het in die moeilikheid beland nadat hulle naby die Margate-hengelpier, ’n paar meter weg van die swemplek, gaan swem het.
In ‘n verklaring het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê hul Shelly Beach-bemanning is net ná 16:00 gewaarsku van ‘n verdrinking aan die gang by Margate-pier. ‘n Ooggetuie het berig dat ‘n man en vrou in seestrome vasgevang is.
’n Onbekende omstander het daarin geslaag om die vrou uit die water te red. Hy kon egter vanweë hoogwater en rowwe see nie die man bereik nie.
Die NSRI het die man bedank vir sy dapper pogings.
Terwyl lewensredders voortgegaan het om te soek na die man wat onder water verdwyn het, het lewensredders, NSRI-bemanning en paramedici die vrou se lewe probeer red. Ongelukkig is sy later op die toneel dood verklaar. Die man word steeds vermis.
Simon April, woordvoerder van Ray Nkonyeni Munisipaliteit, het bevestig die soektog na die vermiste man duur voort deur die polisie en NSRI. Die Shelly Beach se NSRI is ‘n uur voor die bogenoemde voorval in kennis gestel van ‘n verdrinkingsvoorval by Palm Beach.
‘n Man is op later die strand gevind sonder om te reageer. Hy is later deur paramedici dood verklaar.
Die NSRI het Vrydag ‘n waarskuwing uitgereik oor die volmaan Springgety en die gevare wat dit inhou met hoër as normale hoogwater en laer laagwater wat die kuslyn en seestrome beïnvloed. “Maar ons doen te alle tye ’n beroep op baaiers om versigtig te wees.”
Die NSRI het die volgende wenke gegee:
– Swem by strande wat deur lewensredders beskerm word.
– Verseker dat kinders te alle tye verantwoordelike volwasse toesig in en om water het.
– Kusstappers moet bewus wees van kusstaproetes wat tydens die hoogwater afgesny kan word.
– Strandhengelaars moet in gedagte hou dat visvangplekke tydens hoogwater deur golwe verswelg kan word.
– Binnelandse watergebruikers word ook aangemoedig om versigtig te wees wanneer hulle op riviere, mere en damme bad, bootry en roei.
– Volg die SA Weerdiens (SAWD) vir daaglikse voorspellings en volg daaglikse getyroosters rondom die kus.
– Wees bewus van ongunstige weer, sterk winde, vinnig vloeiende riviere, seestrome en seedryf.
– Bootvaarders, roeiers en matrose moet reddingsbaadjies dra, veiligheidstoerusting gereed hê en die gratis NSRI SafeTrx-slimfoontoepassing aflaai en gebruik.
Springgetye kan gevaarlik wees in Suid-Afrika omdat dit:
– Veroorsaak hoër getye en laer laagtepunte: Die swaartekrag van die son en maan kombineer om hoër hooggetye en laer laagwater te skep.
-Skep sterker skeurstrome: Springgetye kan sterker as normale skeurstrome veroorsaak.
-Veroorsaak kusvloede: Springgetye kan meer water verder op die kus bring, wat tot oorstromings kan lei.
-Afgesnyde kusgebiede: Tydens hoogwater kan kusgebiede van die vasteland afgesny word.
- Skep gevaarlike toestande: Rowee seetoestande wat deur kouefronte en winterstorms veroorsaak word, kan gevaarlike toestande skep.