Suid-Afrika – Ware gebeure deel 5 – Geloofsvervreming – Wegraping en wederkoms of net wederkoms?

Daar is baie geskille en verskille rondom die wegraping voor die groot verdrukking. Ek gaan net slegs en alleen Jesus se woorde gebruik om die slotsom te bereik.

Eerstens wil ek Mattheus 24 gebruik.

Mat 24:19  Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.
Mat 24:20  En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie.
Mat 24:21  Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.

In vers 21 word die groot verdrukking pertinent genoem en hoe verskriklik dit gaan wees

Mat 24:22  En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.

In vers 22 vertel Jesus duidelik dat die UITVERKORENIS ook die verdrukking gaan meemaak en nie “weggeraap” gaan wees nie!

Mat 24:23  As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie.
Mat 24:24  Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
Mat 24:25  Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.
Mat 24:26  As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie.

Vers 23 tot 26 vertel hoe die Satan die UITVERKORENES gaan probeer verlei! Niks van ’n “wegraping” voor die tyd nie!

Mat 24:27  Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

Hoe gaan die wederkoms wees? Baie skielik en sal soos ’n weerligstraal wees. Let WEL: Die wederkoms en nie die “wegraping” nie!

Mat 24:28  Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.
Mat 24:29  En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.

Na die verdrukking gaan Openbaring 6 – 19 plaasvind volgens vers 28 tot 29

Mat 24:30  En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.

Daarna sal die Seun van die mens (Jesus) op die wolke kom! NÊRENS word enige wegaping genoem nie!

Mat 24:31  En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
Mat 24:32  En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.

Al hierdie gebeure sal Jesus Sy uitverkorenes kom versamel en saam met hom neem! NIE VOOR DIE GROOT VERDRUKKING NIE!

Volgende gaan ek Markus 13 gebruik!

Mar 13:17  Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae!
Mar 13:18  En bid dat julle vlug nie in die winter mag plaasvind nie.
Mar 13:19  Want daardie dae sal daar ‘n verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie.

Weereens word die verdrukking duidelik beskrywe.

Mar 13:20  En as die Here dié dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy dié dae verkort.

Weereens word GOD se uitverkorenes duidelik in die verdrukking genoem!

Mar 13:21  En as iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Kyk, daar! —moet dit nie glo nie.
Mar 13:22  Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
Mar 13:23  Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê.

Weereens word die groot verleiding duidelik genoem en dat die duiwel ook die UITVERKORENIS gaan probeer verlei!

Mar 13:24  Maar in daardie dae, ná dié verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie,
Mar 13:25  en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word.

Weereens word Openbaring 6 – 19 in kort beskryf. Daar word duidelik beskryf wat NA die verdrukking gaan gebeur

Mar 13:26  En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid.
Mar 13:27  En dan sal Hy sy engele uitstuur, en Hy sal sy uitverkorenes uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel.
Mar 13:28  En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.

Vanaf vers 17 tot vers 28 gee Jesus onomwonde en sonder enige twyfel chronologies die verloop van gebeure!

Vers 17 tot 19 Die groot verdrukking

Vers 20 waar HY die dae gaan verkort om SY uitverkorenes te begenadig!

Vers 21 tot 23 is die beskrywing van die groot verdrukking en die verleiding. Let op die EN DAN

Vers 24 tot 25 Die gebeure NA die groot verdrukking! Die begin van die oordeel! En Openbaringe se gebeure!

Vers 26 tot 28 is die wederkoms NA al die ander gebeure en hoe Jesus sy UITVERKORENIS gaan versamel die wat lewe en die wat reeds gesterf het! AARDE EN HEMEL!

Nêrens word ’n wegraping van die uitverkorenes voor die tyd van verdrukking genoem nie! INTEENDEEL word ie teenoorgestelde beskryf! DAAR IS NET EEN WEDERKOMS en nie ’n wegraping nie!

Ek het nou ’n belangrike vraag en stelling! Enige iemand wat hierdie verloop van gebeure volgens Jesus se EIE WOORDE bevraagteken en probeer weerlê sê dat Jesus lieg! Hulle trek SY woorde in twyfel en maak HOM ’n leuenaar!

Ek wil NIE die een wees wat daardie beweringe maak nie! Dit is ernstige beweringe wat ernstige gevolge gaan hê.

Hierdie gedeelte gaan NIE oor die “wegraping” nie, maar die feit dat die wegrapings verkondiging Jesus tot leuenaar verklaar! Jesus IS NIE ’N LEUENAAR NIE

Wat hou die aanhangers van die wegraping voor om hul teorie te probeer boekstaaf?

Eerstens word beweer dat die wegraping VOOR die groot verdrukking gaan plaasvind wat volgens Jesus se woorde totaal verkeerd en nie Bybels is nie.

Eerstens gebruik hulle 1 Korintiërs  15:51-53 as ’n teks om die “wegraping” te bewys.

1Kor 15:51  Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,
1Kor 15:52  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
1Kor 15:53  Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.

Ek gaan ’n stuk aanhaal oor hoe beweer word dat die gedeelte deel van die wegraping gaan wees:

Bron: https://leoniepretorius.co.za/wegraping/

“Die wegraping is ‘n verborgenheid

Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. (1 Korintiërs 15:51–53)

Hierdie verborgenheid is aan Paulus geopenbaar, en hy deel dit met ons in Korintiërs. Neem ook kennis dat hy hierdie boeke aan die gemeente van Korinthe geskryf het. Dit wil sê dat hierdie boodskap vir die era van die kerk (die gemeente/liggaam van Christus/bruid van Christus) bedoel is. Ons lewe ook tans in hierdie era, aangesien die laaste basuin nog nie geblaas is nie.”

Die gedeelte “Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee:” in vers 51 word uit konteks uitgeruk en daar word beweer dat die wegraping in die geheim gaan plaasvind. In vers 52 word ’n totaal ander prentjie geskets. Dit is weereens duidelik dat dit na Jesus se woorde in Mattheus 24 en Markus 13 verwys en dat dit met ’n BASSUIN gaan gebeur!

1Ts 4:16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
1Ts 4:17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

Hulle probeer die woord “weggevoer” gebruik om die “wegraping” te regverdig. Weereens word dit buite konteks gebruik. Hier word NIKS gesê van ’n “wegraping” VOOR die groot verdrukking nie. Inteendeel, word daar gesê

In Lukas 17:26 tot 33 word dit duidelik gestel dat dit soos in die tyd van Noag en van Lot sal wees! Was iemand “weggeraap” tydens daardie 2 gebeurtenisse? NEE niemand was weggeraap nie!

Luk 17:26  En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens:
Luk 17:27  hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het.
Luk 17:28  Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou.
Luk 17:29  Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig.
Luk 17:30  Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word.
Luk 17:31  In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie.
Luk 17:32  Dink aan die vrou van Lot!
Luk 17:33  Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou.

Hulle gebruik ook Lukas 17: 34 tot 36 om die wegraping te regverdig:

Luk 17:34  Ek sê vir julle: In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.
Luk 17:35  Twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.
Luk 17:36  Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.

Weereens word dit uit verband geruk. Wat hierdie verse bedoel is dat dit so erg gaan wees dat 2 mense wat langs mekaar staan, een sal AANGENEEM word en die ander een gaan verwerp word. Met ander woorde, een is bekeer en die ander nie! Daar is ’n baie groot verslik tussen aanneem en wegraap!

Lukas 17 praat net opsommend en dit is baie belangrik om Mattheus 24 en ook Markus 13 ook te lees om dit binne konteks te bring! In daardie 2 gedeeltes word dit baie breedvoeriger beskryf

Ek haal weer aan vanuit Bron: https://leoniepretorius.co.za/wegraping/

‘n Opsomming: Wegraping vs. Wederkoms

Die wegraping vind in die lug plaas. Miljoene mense gaan onverklaarbaar net van die aarde af verdwyn. Slegs die wat weggeraap word sal vir Jesus sien. Jesus sit nie Sy voete op die aarde neer nie (1 Tessalonisense 4:16–17). Met Sy wederkoms sit Jesus Sy voete op die Olyfberg neer. Dit is Sy sigbare wederkoms en elke oog sal Hom sien.

Hier gebruik hulle weereens 1 Tessalonisense 4:16–17 om die wegraping te regverdig en dat net die wat weggeraap Jesus gaan sien! Kom ons kyk na hierdie teksgedeelte:

1Ts 4:16  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
1Ts 4:17  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

NÊRENS word daar genoem dat net sekeres Jesus in die geheim sal sien nie! INTEENDEEL: Sal dit met ’n basuin gebeur en Jesus se koms sal aan ALMAL bekend wees

2 thoughts on “Suid-Afrika – Ware gebeure deel 5 – Geloofsvervreming – Wegraping en wederkoms of net wederkoms?

  1. Dankie. Dit is ʼn goeie Bybelstudie.
    Dit is ook baie aktueel, want die teorie van die wegraping word deesdae aktief verkondig.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui