Jordaan is Woensdag saam met SAFA se finansiële hoof, Gronie Hluyo, en voormalige joernalis/sakepersoon Trevor Neethling (wat die enigste direkteur van die skakelmaatskappy Grit Communications is) in hegtenis geneem.
Hulle word elk aangekla op drie aanklagte van bedrog, drie aanklagte van diefstal en sameswering om bedrog te pleeg en diefstal waarby sowat R1,3 miljoen betrokke is.
Borgtog van R20 000 is aan elkeen toegestaan toe hulle in die Palm Ridge-landdroshof op aanklagte van bedrog en diefstal verskyn het. Die staat, wat meen hy het ‘n sterk saak, het nie hul borgtogaansoeke teengestaan nie.
Jordaan het gesê hy beoog om onskuldig te pleit. Hy het gevra dat sy paspoort nie ingehandig word nie, met die argument dat hy baie reis vir werk. DIe ander twee beskuldigdes moes hul paspoorte inhandig.
Terwyl Jordaan R10 000 vir borgtog ingesamel het, het die staat gevra dat dit tot R20 000 verhoog word. Die saak is tot 5 Desember uitgestel.