Hopetown verkragters tot lewenslange tronkstraf gevonnis

KIMBERLEY – Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola en haar bestuur verwelkom die lewenslange tronkstraf wat deur die Hopetown-streekhof aan twee broers, Kobus en Abraham Syster, onderskeidelik 25 en 31 jaar oud, opgelê is ná die verkragting van ‘n 31-jarige vroulike slagoffer in Hopetown op Dinsdag, 02 Januarie 2024.

Die hof het gehoor dat die twee beskuldigdes toegang tot die slagoffer se huis gekry het en haar om die beurt verkrag het terwyl haar kêrel geslaap het. Die twee het toe met die slagoffer se besittings gevlug.

Die broers het skuld beken en albei is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir verkragting en ‘n bykomende 12 maande vir diefstal, albei vonnisse om gelyktydig uit te dien.

Die hof het ook albei verdagtes onbevoeg verklaar om vuurwapens te besit en opdrag gegee dat hul name in die Nasionale Register vir Seksoortreders aangeteken moet word.

Luitenant-generaal Otola het die vervolging- en ondersoekspanne onder leiding van advokaat Nicola Van Niekerk en speurdersersant Ricardo Kock geloof vir hul deeglike en noukeurige ondersoek van die saak wat die beskuldigdes se lewenslange tronkstraf verseker het.

Sy het herhaal dat vennootskappe die sleutel is in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld.

Terwyl ons die bewusmakingsveldtog van 16 dae van aktivisme teen geslagsgebaseerde geweld nader, sal die polisie nougeset wees in hul benadering terwyl hulle die tema ondersteun: 30 jaar van kollektiewe aksie bevorder om geweld teen vroue en kinders te beëindig.”

Die polisie moedig die publiek aan om die polisiepogings in die bekamping van misdaad te gradeer deur deel te neem aan die “RATE OUR SERVICE” aanlyn opname om die polisie te help om dienste te verbeter en om kriminele aktiwiteite via die MySAPS App en op Crime Stop te rapporteer deur 08600 10111 te skakel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui